Rayne is op pad om aan Talent Amerika deel te neem. Foto Karl Terblanche
Rayne is op pad om aan Talent Amerika deel te neem. Foto Karl Terblanche

New York wag op Swakopmunder

Tanja Bause
“Ek het op nege aan my heel eerste sangkompetisie deelgeneem en iemand het vir my gesê ek is nie goed genoeg nie. Om te sing is nie vir almal nie, het hulle gesê.

“Ek was stukkend en het myself opgetel en aangehou en binnekort gaan ek New York toe om op uitnodiging aan die Talent America-kompetisie deel te neem,” het Rayne Sadler (14) van Swakopmund gesê.

Op sesjarige ouderdom het sy by ’n Kerskonsert van haar suster se kindergarten opgetree en dit was haar eerste keer op die verhoog.

“Hulle het gevra of ek ‘Let it go’ van Frozen kan sing. Ek het dit gesing en soos Elsa gevoel, maar ek het agter die gordyne gestaan omdat ek baie skaam was. Ek het gesing en hulle het my gehoor.”

Rayne onthou sy het nog altyd van musiek gehou en dat daar altyd musiek in hulle huis gespeel is.

“Op negejarige ouderdom het ek ’n stemafrigter gekry en besef dit is wat ek regtig wil doen. Ek sing verskillende genres maar hou die meeste van rock en countrymusiek. Ek is ook tans besig om te leer hoe om musiek te skryf en dit is iets wat ek regtig in die toekoms wil doen. My eie goed sing en opneem.”

Rayne het verlede jaar aan die Talent Africa-kompetisie in Windhoek deelgeneem en goud losgeslaan. Sy het daardeur gekwalifiseer om in Suid-Afrika deel te neem, maar weens finansiële redes kon sy nie.

Volgens haar ma, Nicky, het sy drie digitale opnames van haar liedjies ingestuur.

“Sy het ‘Just an Illusion’ van Julia Zahra gesing en platinum gewen. Sy het goud vir ‘Skyfall’ van Adele en ‘Bohemian Rapsody’ van Queen ingepalm. Sy was ook die top-Namibiese sanger. Sy het gekwalifiseer om aan die Internatioal Performing Art Championship in New York deel te neem.

“Ek het begin om navorsing oor die kompetisie te doen en kon niks van hulle in die sosiale media of Google kry nie. Rayne het ook as deel van Team Namibia gekwalifiseer om na Los Angeles te gaan vir die kompetisie daar. Sy het ook gekwalifiseer vir ’n kompetisie in Spanje en sy is genooi om aan die 50ste bestaansjaarvieringe van Talent America deel te neem saam met Alan Tambrescu, ’n jong pianis van Namibië,” het Nicky gesê.

Sy het weer navorsing gedoen en agtergekom dat Talent America die grootste en langste kompetisie van sy soort in die wêreld is.

“Dit is hulle 50ste bestaansjaar en dit sal nooit weer gebeur nie, so ons het besluit om soontoe te gaan.”

Rayne sal ‘Ain’t no Grave’ van Molly Skaggs, ‘Something in the Orange’ van Zach Bryan en ‘When we were young’ van Adele sing.

“Dit sal die eerste keer wees dat ek oorsee sal vlieg en ook die eerste keer dat ek buite Namibië sal optree. Ek is nogal senuweeagtig, maar die kans om myself aan die buitewêreld bloot te kan stel – dat mense my kan hoor en sien – is ongelooflik. Dit sal hopelik baie deure vir my oopmaak. Ek wil die wêreld wys ons is nie net ’n plek op die wêreldkaart nie. ’n Plek waarheen mense gaan om wilde diere te sien nie. Ons is ’n land met ongelooflike talent,” het Rayne gesê.

“Ons stuur twee hoërskoolkinders om die land te verteenwoordig. Hulle gaan om die nasie van 2,8 miljoen te verteenwoordig, om te wys dat ons land nie net ’n toeristebestemming of ’n plek is waarvandaan uraan kom nie. Ons is ’n land met talent. Dit is die eerste keer wat ons iemand Talent America toe stuur,” het Nicky gesê.

Rayne en Allen sal op Vrydag 16 Junie om 19:00 ’n geldinsamelingskonsert by Windhoek Gimnasium hou.

Mense wat vir Rayne wil ondersteun om aan Talent America te kan deelneem, kan op haar Facebookblad Rayne Music inloer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 21° | 27° Oshakati: 24° | 29° Ruacana: 21° | 28° Tsumeb: 20° | 29° Otjiwarongo: 21° | 26° Omaruru: 22° | 31° Windhoek: 21° | 26° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 23° | 30° Mariental: 25° | 30° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 24° | 32° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 23° | 29° Oranjemund: 15° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 26° Maputo: 24° | 33° Windhoek: 21° | 26° Cape Town: 18° | 24° Durban: 21° | 29° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!