NTV-persoonlikheid van die week: Limba Mupetami
‘Sport kan ‘n nasie verenig’
Sport Wrap, eers net ‘n gedrukte byvoegsel wat weekliks in Namibia Media Holdings (NMH) se dagblaaie verskyn het, het ontwikkel tot ‘n weeklikse program wat aanlyn en op NTV, NMH se nuwe DStv-kanaal, uitgesaai word.
Die program dek plaaslike en internasionale sport en wissel van intense sportgesprekke en naweeksport tot legendes in die sportbedryf en die werk van sportfederasies.
Limba Mupetami het ongeveer twee jaar gelede as Sport Wrap se aanbieder begin werk toe NMH begin het om hul aanlyn programme bekend te stel, ‘n visie wat sy “werklik bewonder”.
Vir Limba het oorgang van sportjoernalis na sportaanbieder glad verloop.
“Ek werk steeds voltyds as ‘n sportjoernalis wat gebeure dek én die program aanbied. Ek skryf my eie draaiboek en redigeer my eie onderhoude – dit was ‘n leerkurwe wat ek geniet het. Ek het nog baie om te leer, maar daar is tyd daarvoor.”
Sy vertel dié program plaas die kollig op plaaslike atlete en sportlui en byeenkomste wat normaalweg nie dekking in hoofstroommedia sou kry nie.
“Ons los niemand uit nie. As jy uitblink of braaf genoeg is om op die sportkalender te verskyn, sal ons jou blootstelling gee en verseker jy kry die erkenning wat jy verdien! Sport is ‘n dryfkrag agter die Namibiese nasie. Kyk net na Christine Mboma en Beatrice Masilingi se prestasies op die baan. Dit het almal bymekaargebring. Kyk hoe het hul lewens verander: van net gewone meisies tot groot sterre op die baan, wat teen atlete uit gegoede huise en ryk nasies hardloop. Daar behoort geen twyfel te wees oor hoekom sport ‘n prioriteit moet wees nie!”
Sy sukkel om stil te sit en in haar vrye tyd dink Limba aan verskillende invalshoeke om te neem met haar sportdekking. Wanneer sy uiteindelik ‘n kans kry om weg te kom, reis sy graag.
“Ek dink as ek nie ‘n sportverslaggewer was nie, sou ek voltyds reis en oor my ervarings skryf. Maar natuurlik moet ‘n mens geld hê om dit te doen. . . of die lotto wen!”
Dit is altyd ‘n uitdaging om voor die kamera te wees, veral omdat sy nie ‘n agtergrond as aanbieder het nie, vertel Limba.
Sy probeer elke keer uit vorige foute leer, veral as sy op ‘n regstreekse program moet verskyn.
“Ek kyk hoe ander aanbied en kry wenke van daar af. Maar dit is ‘n proses om by ‘n stadium te kom waar jy jouself kan vergelyk met mense soos Suid-Afrika se Carol Tshabala. Sy is briljant, maar sy is sy, en ek is ek.
“Jy moet selfvertroue hê om voor die kamera te wees. Jy moet een of ander karakter hê. Ek geniet dit om agter die kamera of agter die pen te wees, maar nou moet ek op ‘n skerm wees. Dit neem tyd om daaraan gewoond te raak. Ek moet erken, ek hou nie daarvan om myself op die televisie te sien nie!
Limba wil verseker alle sportliefhebbers weet teen die einde van die jaar van Sport Wrap.
“Ek wil seker maak dit is die beste plek vir sportnuus!”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie