henriette
henriette

Nuwe nuusredakteur is slaggereed

Henriette Lamprecht het in 1993 as groentjie-verslaggewer by die Republikein ingeval, daarna gaan draai by ander koerante, vryskut-skryf van beide nuus en fiksie totdat die sirkel in Junie 2011 weer voltooi is met haar terugkeer as senior joernalis by Republikein. In 2013 begin sy haar passie vir mediese en holistiese nuus uitleef in die jaarlikse mediese byvoegsel en in Mei 2014 word sy hoofverslaggewer, ’n posisie wat sy tot en met einde Oktober beklee het. Haar grootste mentors in dekades van joernalistiek pleeg, is die meester van woordkuns, Des Erasmus en haar voorganger, Ronelle Rademeyer, wat met voorbeeld, empatie en kennis gelei het en dat “jy nooit groter is as die storie” nie. “Elke mens wil van geweet wees. En elkeen het ’n stem. Dit is ons voorreg om vir ander daardie stemme te wees wat dikwels nie gehoor of na geluister word nie,” het Lamprecht gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!