Ockie en sy bokkie
Op ’n plot buite Windhoek woon King October the First, of Ockie, soos sy familie hom noem.
Dié eenjarige donkie het selfs sy eie Instagram-profiel, Ockiediedonkie.
Ockie se beste maatjie is die mak skaap Hansie.
“Ons spot altyd en sê Ockie en sy bokkie bly in hulle hokkie,” het Ernst Calitz, Ockie se pa, gesê.
Ernst en ’n vriend het ’n paar jaar gelede die plot buite Windhoek gekoop en begin ontwikkel.
“Ons het een aand gesels en agtergekom ons albei soek ’n stukkie grond waarheen ons naweke kan gaan om na die sonsondergang te kyk en rustig word. Toe ons op die koppie van die plot gestaan en vir mekaar gekyk het, het ons geweet dis ons plek.”
Hulle het die plot ontwikkel en ook vir Paulus Koita aangestel om permanent daar te woon. Paulus was egter effens eensaam.
“Ek het op skool ’n donkie gehad. Sy was die lelikste donkie op aarde, maar ons het haar Nastassja genoem. Ons het haar vernoem na Nastassja Kinski wat op daardie tydstip die mooiste vrou op aarde was.”
Hulle het besluit om nog ’n donkie te kry en in Oktober 2022 is Ockie by die mense van die nabygeleë informele nedersetting gekoop. Hy het vinnig by sy nuwe tuiste aangepas.
“Ockie is as ‘King October the First’ gedoop omdat ons hom in Oktober gekry het. Dit was ook die tyd toe Charles die koning van Engeland geword het. Ons het gedink as enigiemand dan nou ’n koning kan word, kan ’n donkie ook.”
Ernst vertel toe Ockie nog ’n baie klein donkie was, het sy vrou, Marelize, een keer van agter af aan sy boud gevat terwyl hy gestaan en vreet het.
“Ockie het só geskrik dat hy met al twee beentjies agtertoe geskop het. My vrou het twee klein blou hoefkolle op haar bobeen gehad. Dit was die enigste keer dat hy geskop het.”
Donkies is eintlik tropdiere en Ockie het net vir Paulus en ’n paar hoeders as vriende gehad. Hulle het toe besluit om vir hom nog ’n maatjie te kry.
“Thiaan wat op ’n nabygeleë plot woon, het toe vir Hansie voorgestel. Ons het die hanslam gekoop en die twee was van die begin af beste maatjies.”
“Ons het ook ’n Great Dane wat dink Hansie is ’n klein wit hond en wil graag met hom speel. Hy jaag vir Hansie en dan gaan staan Hansie onder Ockie sodat die donkie hom kan beskerm.”
Paulus en Ockie is beste maatjies en hulle “patrolleer” die plot saam.
“Paulus jaag die bobbejane en nou het Ockie agtergekom dat ons nie van bobbejane hou nie, nou jaag hy hulle ook. Anderdag het twee mense by die hek kom staan en met Paulus gesels. Ockie het nie daarvan gehou nie en op hulle afgestorm en hy wou hulle byt. Hy het vir Paulus beskerm.”
Koekie die koedoekoei, die twee duikers Dirkie en Drika, die steenbokkies Gertjie en Saartjie en Lucky, ’n babalikkewaan, woon ook op die plot.
“Koekie is op die plot gebore en die ander koeie het oor die draad gespring en sy kon nie. Nou bly sy net hier. Sy kom drink elke aand haar water en kom vreet lusern. Soms bring sy ’n paar vriendinne saam.”
Wanneer die bakkies op die plot stilhou kom Ockie en Hansie aangehardloop. Dan soek hulle drukkies, aandag en natuurlik hulle “stoute” peuselhappies.
Gaan loer gerus op die Ockiediedonkie-Instagramblad om meer van Ockie en Hansie se manewales te siene te kry.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie