Om in kleur en prentjies te dink
Dit is belangrik om die neurodiverse gemeenskap se uitsonderlike talente aan te gryp en te koester om hul kreatiwiteit, spesifieke belangstelling en aanslag in die werkplek te vier.
Henriette Lamprecht - ’n Paar maande terug het Madelein Stoffberg se man haar aangemoedig om haar kuns uit te stal.
As selfgeleerde kunstenaar in wording, het haar kunsreis op die ouderdom van ses jaar begin waar sy tydens ’n kunsklas in ’n motorhuis geleer het om kleure te meng en klei te vorm.
Die saadjie vir dié eggenoot, ma van twee, onderwyser en skepper om haarself kreatief uit te druk, het met tye nie vrug gedra nie, maar was broodnodig vir haar innerlike groei.
Madelein het gaan sit en dink waaroor die kunswerke vir die uitstalling Artism gaan – ’n uitstalling waarin kuns deur twee kunstenaars wat elk op verskillende reise ’n pad met neurodiversiteit stap, diè tema ondersoek.
GEDIG
Sy het ’n gedig geskryf om die kruks daarvan vas te vang. In die gedig beskryf Madelein hoe mense verskillende blomme is.
“Ons is blomme wat bot en blom en weer verwelk, maar deur kuns kan ons hierdie groeiproses inkleur en emosies verwoord,” verduidelik sy.
As ’n ma van ’n kind op die spektrum het Madelein betrokke geraak by die gesprek oor neurodiversiteit. Sy erken die diagnose het haar as ma geweldig uitgedaag om deur dit te werk en die impak daarvan te verwerk.
“Kuns het my medium van ’n ‘coping’ meganisme geword sodat ek as ma deur die proses kan werk en dit ook verwerk.
“As ouers is dit soms uitdagend om ons kinders op die spektrum te help en kontak te maak om die nodige mediese hulp en ’n diagnose te kry.
“Dis belangrik as ouers om verskeie opsies en strategieë te ontwikkel om ons kinders op die spektrum te akkommodeer en te help.”
'MASKER'
Nadat sy besluit het om met die kunsuitstalling voort te gaan, het Madelein die werk van Takudzwa Mukesi, Son of the Mask, op Instagram ontdek.
“Masking” in outisme word gekenmerk as die masker wat iemand dra om ’n front voor te hou om in die neurotipiese wêreld in te pas.
“Dit is uitmergelend vir iemand wat op die
spektrum is, om te ontleed en te dink wat hulle sê, of dit die regte reaksie of antwoord was, of om reg te reageer op iemand se emosies. Hulle vind dit moeilik om ‘tussen die lyne te lees’,” sê Madelein.
Takudzwa is bekend as ’n skeptikus, ’n argitek, multimedia-ontwerper en navorser. Hy is ’n visuele kunstenaar wat gebruik maak van verskillende velde in visuele verteenwoordiging en kommunikasie, wat argitektuur, videokuns, fotografie, grafiese ontwerp, verf, modelbouwerk, graffiti, modeontwerp en visuele kuns insluit.
Madelein vertel Takudzwa, wat op die spektrum is, se werk het bygedra tot die bewusmaking van outisme om die gesprek rondom die “masker” te begin.
As ’n ma van ’n kind op die spektrum en met Takudzwa wat ook op die spektrum is, is hul al twee se werk uiters uiteenlopend in die weerspieëling en ontdekking van die konsep van “masking” en wat verder die tema van verskille en diversiteit beklemtoon.
“Deur die uitstalling wil ons graag mense bewus maak van neurodiversiteit, maar ook van die moontlikheid om diversiteit deur kuns en emosie uit te beeld.”
NEURODIVERSITEIT
Neurodiversiteit kan gesien word as ’n breë spektrum wat verskeie gedragspatrone beskryf en onder een sambreel saamgevat word. Dit sluit in sosiale gedrag, breinfunksie en kommunikasie. Neurodiversiteit as spektrum kan strek van outisme (ASD), aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom (ADHD), asook ander aspekte soos disleksie, disgrafia, dispraksie of diskalkula.
Individue op die spektrum kan enige van die bogenoemde simptome of diagnoses in verskillende grade van intensiteit hê, verduidelik Petra Dillmann, stigter en direkteur van die Outismevereniging van Namibië (AAN).
“Daar is ’n wanopvatting van neurodiversiteit en outisme wat beteken baie mense word misverstaan en teen gediskrimineer wanneer hulle gedrag nie neurotipies is nie.”
Petra beklemtoon neurodiverse mense wat identifiseer as outisties kán in die samelewing geakkommodeer word en ’n bydrae lewer.
“Daar is ’n sterk beweging in die neurodiverse gemeenskap om ADHD en outisme nie meer te sien as ’n ‘disorder’ of ‘deficit’ nie, maar bloot dat mense anders of verskillend is.”
Sy verwys na groot name op die wêreldverhoog wat op die spektrum is en ’n baie belangrike bydrae tot hul onderskeie gemeenskappe maak. Dit sluit in Elon Musk wat outisties is (voorheen Aspergers), Bill Gates en Greta Thunberg. Elkeen wat in hul spesialiteitsveld ’n verskil maak, geweldige kennis dra en ’n passie het vir die verkenning van die ruimte, die ontwikkeling van rekenaartegnologie of die bewaring van die aarde.
“Daarom is dit belangrik om die
neurodiverse gemeenskap se uitsonderlike talente aan te gryp en te koester om hul kreatiwiteit, spesifieke belangstelling en aanslag in die werkplek te vier,” sê Petra.
Die moet-sien-uitstalling kan daagliks vanaf 10:00 tot 17:00 tot Donderdag by Etcetra in die binnehof van die Craft Market in Windhoek besigtig word.
Volgens Madelein word 10% van alle verkope aan AAN geskenk. Vir enige navrae of ondersteuning, kan AAN gekontak word deur ’n epos aan [email protected] te stuur of Petra by 081 346 5912 te kontak. Besoek ook hul webtuiste www.autism-namibia.org of hul Facebookblad autaspnam.
GRYS BLOKKIE
Dié gedig is spesiaal deur Madelein vir die uitstalling geskryf:
WE ALL ARE PEOPLE
we all are flowers
we are all different
we are all human
perfect imperfect
working thinking
painting our being
just human
we all are flowers
budding
blooming
wilting
growing art in colour
towards our dreams
before they wither away
you are different
everyone is different
accepting your difference
understanding
learning
but just accepting
through artism
you

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie