Omgee-hande knap bushalte op

Tanja Bause
“Elke keer wanneer ek my huishulp en tuinwerker gaan aflaai, ry ons by die stukkende bushalte in Jordanstraat verby en my hart kon dit net nie meer hou nie.

“Die mense sit op die randsteen in die son omdat die bankie stukkend is. Dit is toe ek besluit het ek sal dié een self regmaak,” het Tilla Koekemoer gesê.

Tilla is deel van die Namibiese Vrouevereniging (NVV) en hulle het die Bewoon, Bewerk en Bewaar-projek begin om ’n verskil in hulle gemeenskappe te maak.

“Een van die takke het ’n bushalte opgeknap en toe die ander takke uitgedaag om dieselfde te doen. Ek is lid van die Windhoek-tak en ons het twee reggemaak. Daarna het ek besluit om hierdie een op my eie te doen.”

Tilla se man is in 2021 aan Covid-19 oorlede.

“Die geld wat ek op hom vir Kersfees sou bestee het of vir ’n verjaardaggeskenk of net ’n bederf, gebruik ek nou om ander mense gelukkig te maak; ek hoop daardeur maak ek hom ook trots.”

Sy het vir David Fernando ingespan om al die opknappingswerk te doen.

“Hy het die bankie herstel en versterk. Hy het ook die huisie se een poot wat geroes was, nuut gemaak en vasgesement. Ek en my huishulp, Frieda, het die verfwerk gedoen.

“Frieda vertel vir almal wat by die ander bushalte verbyloop dat ek deel was van die NVV-span wat dit herstel het en nou was sy self deel daarvan. Sy bars van trots. Terwyl ons besig was, het talle mense in taxi’s vir haar geskree hoe dankbaar hulle is dat sy verf.”

Talle mense het ook gestop en koeldrank en water geskenk en hulle dankbaarheid uitgespreek.

“Ek is baie trots en dit laat my goed voel wanneer ek nou hier verbyry. Ek het die Pionierspark-buurtwag uitgedaag om op ’n Saterdag die mense van die buurt bymekaar te kry en die oorblywende bushaltes op te knap. Dit maak die hele buurt mooi.”

Tilla se hoop is dat die mense wat van die bushalte gebruik maak dit sal oppas en dit vir jare plesier aan mense sal verskaf.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!