Omstrede straat kry Afrikaanse sakeman se naam
Otjiwarongo se munisipale komitee vir straat- en buurtname het besluit om die lank omstrede Lothar von Trotha-straat op die noordedorp na sakeman Theo Borstlap te vernoem.
Mnr. Sebeteus Guiteb, raadslid van die Landless People's Movement (LPM) en 'n lid van die komitee, het die aanbeveling bevestig. Volgens hom het die dorpsraad die besluit reeds bekragtig.
Guiteb sê Borstlap dra al vir baie jare tot Otjiwarongo se ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling by.
Die sakeman woon in Von Trotha-straat en is die eienaar van die bekende Theo's Spar op die dorp en die Etamba Plaza-inkoopsentrum. Hy het ook verskeie ander sakebelange en sy besighede voorsien werk aan meer as 300 inwoners.
Borstlap het Vrydag gesê hy was onlangs "half geskok" toe die uitvoerende hoof van die munisipaliteit hom oor die plan genader het.
"Ek het nie gevra daarvoor nie, ek het nie enigiets gedoen om dit te verdien nie. Ek voel baie nederig oor dit, maar ek voel dis 'n groot eer," het hy bygevoeg.
"Ek is 'n gemeenskapsmens. Ek hou van my gemeenskap.
"Ek is gebore in Otjiwarongo. Ek's lief vir Otjiwarongo. Ek dra die belange van Otjiwarongo op my hart," het hy in 'n video-onderhoud met Namibia Media Holdings se korrespondent op die dorp gesê.
Oor die jare is verskeie beleggings in byvoorbeeld die jeug en sport gemaak. Hieronder tel hulp met entrepreneursopleiding aan skoliere, die aanbieding van 'n krieketontwikkelingskamp vir die noorde van Namibië en die oprigting van 'n skaatshokkiebaan.
Kos word daagliks voorsien aan sowat 120 kinders wat wees gelaat is of MIV het en brood word by die vullisterrein uitgedeel met die hulp van 'n weldoener en die kerk. "Daar is nie iemand wat behoort honger te lei in Otjiwarongo nie," voer Borstlap aan.
"Ek wil nie my eie beuel blaas nie, maar ons is betrokke," sê die man wat erken dat daar ook baie ander groot geeste op Otjiwarongo was wat ook benoem kan word.
"Ek is daar om liefde te gee; liefde te ontvang," het hy oor sy benadering tot werk en die lewe gesê.
"Ek is lief vir my gemeenskap. Ek is daar om my gemeenskap te dien, want ek is van mening dat as jy nie dien nie, as jy nie vir mense omgee en vir hulle lief het en hulle dien nie, dan ... waarvoor bestaan jy?
"Dit is my uitgangspunt in die lewe, my filosofie."
Borstlap hoop dat hy 'n rolmodel vir ander is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie