Onderwys groet Gim-legende

'Ferm, maar 'n grapjas'
Fanie van Zyl het sy lewe aan onderwys gewy.
Iréne-Mari van der Walt
Die onderwysgemeenskap moes gister afskeid neem van een van sy grotes toe Fanie van Zyl oorlede is.

Colette Rieckert, die besturende direkteur van Curro Namibia, wat jare lank saam met Van Zyl gewerk het, sê hy was ’n beginselvaste man wat diep spore by Curro Windhoek Gimnasium getrap het. Hiér het Van Zyl as skoolhoof gedien tot sy aftrede in 2018.

“Hy was doelgerig en het baie sterk op sy waardes gestaan. Hy het baie dissipline gehad, maar was steeds ’n grapjas. Daar was baie humor in die kollegiale verhouding wat ons gedeel het,” sê sy.

Terselfdertyd was hy ’n ferm man wat volgens Rieckert talle van die skool se ondeunde leerlinge op die regte pad gehelp het.

“Aan die buitekant was hy ’n kwaai meneer, maar die oomblik as jy in sy kantoor ingestap het, het jy hierdie geweldige liefde aangevoel wat hy gehad het. As gevolg van sy invloed, het baie stout seuns beter mans geword,” sê sy.

“Hy het elke leerling se individuele belange op die hart gedra. Hy moes dinge soms op ’n vreemde manier doen, maar hy het altyd vir elke leerling gegee wat hy of sy nodig gehad het,” sê Rieckert.

Onder van Zyl se leierskap het die aantal leerlinge by Windhoek Gymnasium volgens Rieckert amper tienvuldig gegroei.

“Daar was baie einas – ons al twee hou nie van verloor nie – maar meer as dit onthou ek die vieringe wat ons saam gehad het,” sê sy.

“Hy sal verskriklik gemis word. . . hy was ’n ongelooflike legende en voorbeeld.’

Rieckert sê die skool sal graag ’n gedenkdiens wil hou vir diegene wat nie die persoonlike diens sal bywoon nie. Besonderhede is nog nie beskikbaar nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!