Ontmoet die flambojante Miss Mavis en Tiaan
Namibië se eerste ‘drag king’ en ‘queen’
Phia Gerber en Rodelio Lewis gesels oor hul lewe en hul verhoogpersoonlikhede.
Vroue is destyds nie toegelaat om manlike rolle te vertolk nie, en mans het die vroulike karakters gespeel. Die term “drag” het in die teater ontstaan. Manlike akteurs het glo gesê die klere sleep (drag) oor die vloer.
Die praktyk het in die 17de eeu voortgeduur met Shakespeare se verhoogstukke wat bekend was vir sy uitstaande vroulike nabootsers.
Drag het meer van ’n individuele vorm van vermaak begin aanneem toe vroulike nabootsing in die Amerikaanse kultuur ingebring is via die genre bekend as ‘vaudeville.’ Vaudeville-vertonings het in die vroeë 20ste eeu aanslag gevind.
Met die dat drag toenemend aan die LGBTQ -beweging gekoppel is, het dié tipe optredes al hoe meer afgeneem. Aangesien homoseksualiteit destyds gekriminaliseer was, is dragteatervertonings wat voorheen op Broadway plaasgevind het, nou na ondergrondse klubs verskuif, met trans- en gaymense wat die rolle vertolk het.
Die polisie het dikwels op dié klubs toegeslaan en diegene wat binne was aangerand en aangehou. Dit het fopdossers (drag queens) genoop om in 1969 die Stonewall-onluste te begin. Die onluste het as ’n spontane rebellie teen gereelde polisieklopjagte begin, en het tot ’n stryd om burgerregte geëskaleer. Die Stonewall-onluste word as ’n keerpunt in die LGBTQ -geskiedenis beskou.
Pride Month word elke jaar in Junie wêreldwyd deur die LGBTQ -gemeenskap gevier om dié gebeure te herdenk.
RODELIO LEWIS/MISS MAVIS
“Ek wou nog altyd deel van die groep mense wees, dié beweging wat verandering kan bring sodat almal gelyk en ingesluit is.”
“Selfdood in ons gemeenskap is aan die toeneem. As ek net een queer-kind hoop en ’n platform kan gee waar hulle kan sien daar is niks met hulle verkeerd nie. Hulle is nie gebreek nie. Hulle hoef nie reggemaak te word nie. Daar is ’n plek onder die son vir ons almal. Jy het net ’n platform en meer volume nodig. As ons dít vir jou kan gee, hoekom dan nie?” het Rodelio Lewis aka Miss Mavis gesê.
Rodelio is op Walvisbaai gebore.
In 2013 het hy aan die Trustco Be a Star Performer-kompetisie deelgeneem en onder die top-8 geëindig.
“Ek het ’n monoloog van die fliek V for Vendetta elke aand geleer. Ek het myself deur die kompetisie gekry en is ook op my eie na die Verenigde State toe as deel van die top-8. Dit was die beste ervaring tot dusver van my lewe. Ek was in New York, Orlando, Milan en Dubai. My wêreld het oopgegaan.”
KLEUTERSKOOL
Nog voor Rodelio by die Walvisbaai Privaat Kindergarten begin het, het sy liefde vir die verhoog al sy kop uitgesteek.
“Ek het altyd wanneer die familie bymekaargekom het stukkies opgevoer. Daar was geen televisie nie en ek was die vermaak. Hulle het baie daarvan gehou. Iemand het een keer vir my gesê dit beteken niks nie omdat hulle my familie is en van my opvoerings moet hou.”
Dit was toe hy Hansel in ’n kleuterskoolopvoering vertolk het en die mense daarvan gehou het dat hy besef het dít is wat hy wil doen.
“Toe die mense opspring sonder dat iemand ’n geweer teen hul koppe druk en handeklap, het ek besef ek hou van die gevoel en wil dit oor en oor beleef.”
Dit was ook in kleuterskool toe Miss Mavis (naam het eers later ontstaan) haar verskyning gemaak het.
“Ons het laaie vol kostuums gehad. Alles van polisieuniforms tot prinsesrokkies. Dit was die mooiste kostuums en ek en ’n maatjie het hulle aangetrek en opvoerings gedoen. Ons het hakskoene by sy ma se huis aangetrek en hulle het vir ons pruike opgesit.
RODELIO LEWIS
“Ek het nog altyd geglo ek het twee energieë wat binne my lewe. Beide van hulle het hul eie kollig nodig en verdien dit; ek wil beide ’n kans gee. Rodelio Lewis is my manlike energie en ek kruip al ’n klompie jare agter hom weg. Hy is die akteur op die verhoog; hy is die seremoniemeester; hy doen die modelwerk.”
Ná skool het hy Windhoek toe getrek en het in die verhoogproduksie Lammi Beukes opgetree.
“Ek het toe in Prime Colour gespeel en was vir die beste manlike en beste nuwe akteur by die Namibian Film and Theatre Awards genomineer. Ek het die toekenning vir die beste nuwe akteur gewen. Van daar af het ek gewerk sonder om op te hou.”
MISS MAVIS
In 2019 het Lize Ehlers hom gekontak.
“Sy het my by die Swakopmund Pride as ’n drag queen gesien en wou weet of ek sal belangstel om dit weer te doen.”
Hy en sy beste vriend het gaan sit en oor ’n naam begin dink.
“My vriend het gesê ons moet ’n naam kies wat by ons kleurlinggemeenskap aanklank sal vind. ’n Naam wat elke kleurlingpersoon sal herken. ’n Naam van ’n tannie wat klomp stories ken; vir wie jy jou storie wil vertel en hy sê toe wat van Mavis. Ek het van die naam gehou en gesê voeg die Miss by sodat ek soos ’n koningin kan voel en Miss Mavis is gebore.”
Lize het toe die teaterstuk Boet en Sus geskryf en dit was in dié stuk dat Miss Mavis haar eerste verhoogverskyning gemaak het.
Miss Mavis het saam met Chaulken McNab aka Mo’Nick Critique en Roberto Meneguzzo aka Gigi Has Arrived vir die Namibiese musiektoekennings (NAMA’s) begin oefen.
“Ons was saam met Lize tydens haar Kunstenaar van die Dekade-opvoering op die verhoog. Die was die eerste keer dat drag queens op NBC en by die NAMA’s opgetree het. Ons het ook op ’n musiekvideo saam met Lize en Gazza opgetree; weer ’n eerste vir Namibië. Ons drie is toe gevra om tydens ’n produkbekendstelling by Cafe Prestige op te tree. Die eienaar het my agterna gevra of ons dalk weer so ’n opvoering wil hou.”
In Desember het sy Covid-19 gekry en huis toe gegaan. By die huis het sy tyd gekry om alles te deurdink en te beplan.
“Ek het teruggekom en met die ander twee en Lize gepraat en in Februarie 2021 is Drag Night Namibia (DNN) gebore. Van daar af tree ons elke eerste Vrydag en Saterdag van die maand op.”
Tans is 31 Drag Queens, twee Drag Kings en een Transgender-kunstenaar by DNN geregistreer.
“Ons het net nege kunstenaars per aand op die verhoog. Ons betaal elke kunstenaar uit die inkomste wat ons by die deure ontvang. Hulle moet werk vir hul ekstra fooie. Nie ek of Lize het enigiets net so ontvang nie; ons het vir alles gewerk en hulle moet ook.”
DNN is nou ’n geregistreerde besigheid.
“Ek het geen diploma of graad nie, maar ek het in die kantoor van die First Lady gewerk, ek is deel van die Be Free-beweging, ek het vir Life Line/Child Line gewerk, ek is ’n omroeper vir NBC-radio en ek besit my eie besigheid, DNN.”
“Drag Night het vir die sesjarige seuntjie – wat in sy kamer gesit het met handdoeke as hare op sy kop en voor twee mense opgetree het – die geleentheid gegee om ’n platform te skep vir elke persoon wat die kant van hulself nog altyd moes wegsteek of wegkruip. Nou kan ek sê: ‘Kom staan hier onder ’n lig dat die gehoor jou sien, vir jou skree en hul laaste N$10 vir jou uithaal. Ons vier jou’.”
TOEKOMS
“Ek wil graag terug op die verhoog gaan. Miss Mavis doen haar eie ding, maar Rodelio Lewis verlang terug na die verhoog. Ek het hom baie afgeskeep en dit moet verander.”
“Van Miss Mavis se kant sien ek dat DNN internasionaal gaan. Hoekom kan ons drag queens nie in Suid-Afrika of Europa gaan optree nie? Ons het dié jaar vir die eerste keer by Wika opgetree; so hoekom kan ons nie na ander dorpe gaan of selfs buite die grense van Namibië nie?”
PHIA GERBER
“Ons sit tyd en moeite in elke optrede. Ons daag nie net op om drie ure van ons lewe te mors nie. Drag Night is iets wat ons as ’n groep ernstig opneem. Ons het ’n beeld om te beskerm en ons gee elkeen ons beste,” het Namibië se eerste Drag King, Tiaan TurnHer aka Phia Gerber, gesê.
Phia is in Windhoek gebore.
In graad 1 sy moes nes al die ander kinders in haar skool aan sport deelneem.
“Ek het hokkie en krieket gekies en het Namibië ook in beide dié sportkodes verteenwoordig. Ek wou altyd ’n professionele hokkiespeler word, maar het vinnig besef ek sal nie kos op my familie se tafel met dit kan sit nie.”
In haar matriekjaar het Phia besluit om vir ’n geoktrooieerde rekenmeester (CA) te studeer.
“My oupa Gert Hanekom was een en hy was ook die minister van finansies. Syfers is in my bloed. Syfers is my kos. Ek is tans besig om my klerkskap (articles) te doen om ’n CA te word.”
Phia was haar hele lewe lank ’n tomboy. Sy het altyd broeke bo rokke verkies en het altyd geweet dat sy lesbies is, maar het dit op skool weggesteek.
“Ek het ná my matriekeksamen by my ma gesit en verskriklik baie gin gedrink. Ek wou my ma eerste vertel. Toe ek die moed bymekaargeskraap het en vir haar sê mamma ek moet jou iets belangriks vertel, het my ma vir my gekyk en gesê ek weet jy en Hanna is in ’n verhouding.”
“My ma het lankal al geweet. Ek is baie gelukkig en bevoorreg dat my familie my met ope arms aanvaar het. My ma het net gesê elke ouer het ’n droom vir sy kind en dat haar droom vir my die ridder op die wit perd was en as die ridder lang hare het, dan is dit so. Solank sy my gelukkig maak.”
TIAAN TURNHER
Phia het in Johannesburg gaan studeer en daar heeltemal uit die kas geklim.
“Ek wou nie meer wegkruip nie en wou my lewe begin lewe. Ek het talle mense leer ken en in Desember 2021 het ek en twee vriende, wat drag queens is, in die swembad gelê en gesels. Queen Atlantis vra toe vir my of ek nie by House of A’ManDuh wil aansluit as Namibië se eerste Drag King nie. Ek was by talle Drag Nights en het geweet dit is ’n veilige platform en plek vir die queer-gemeenskap en ek het ingestem. Ek weet uit my vorige verhoudings nie almal is so gelukkig soos ek nie. Baie mense se familie en vriende aanvaar hulle nie en dit maak seer. Dus toe sy my vra, het ek die geleentheid aangegryp.”
In Januarie 2022 het Tiaan sy eerste buiging op die verhoog gemaak.
“Ek het op universiteit meeste van die tyd met heteroseksuele meisies uitgegaan en myself altyd as Tina Turnher voorgestel. Toe ek ’n Drag King naam moes kies, het ons op Tiaan TurnHer besluit.”
Tiaan het nie die impak besef wat hy op mense sou hê nie, aangesien dit in die stadium net iets was wat hy wou doen.
“Ek het nooit besef wat dit vir mense beteken nie; tot die mense na my eerste opvoering na my toe gekom het om te gesels en vrae te vra. Miss Mavis het my gevra of ek weet hoeveel deure ek besig is om oop te maak. Ná my tweede opvoering het die tweede Drag King aangesluit.”
Selfs wanneer Tiaan nie die aand op die verhoog is nie, werk hy as verhoogbestuurder en help sy susters op en af van die verhoog.
“Selfs wanneer ek nie optree nie, sal ek nog steeds soos Tiaan aantrek en daar wees. Baie mense kom dan na my toe en vra wanneer ek op die verhoog klim en dit laat my goed voel. Dis lekker om te weet mense wil vir Tiaan sien. Ek dink ek het gewys jy kan gemaklik in jou eie vel wees en jy nie negatiewe kommentare en kyke self hoef te hanteer nie. Daar is ’n gemeenskap wat jou verstaan en aanvaar soos jy is. Drag Night is ’n plek waar jy veilig en beskermd is.”
Al die kunstenaars neem die opvoerings ernstig op en hulle begin al ’n week na die laaste vertoning vir die volgende een oefen.
“Ons oefen elke tweede dag saam vanaf 19:00 tot 22:00. Ek het byvoorbeeld twee linkervoete, maar baie van die queens is professionele dansers en ons is ’n famille en almal help mekaar. Jy kies nie net ’n liedjie en skud jou lyf op die verhoog nie. Dis ernstiger as dit. Ons het ’n naam en ’n beeld om te beskerm. Wanneer Tiaan nie sy kant bring nie, dan reflekteer dit sleg op die hele gemeenskap. Op die ou einde is dit nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.”
TOEKOMSPLANNE
“Werk gewys wil ek ’n CA en ’n vennoot word by die firma waar ek nou werk. Ek wil ’n ouditeur by ’n ouditeursfirma word. Persoonlik wil ek graag met my meisie trou en ’n familie begin. Ek is baie lief vir my land, maar as ek nie met haar kan trou en kinders kry nie, dan sal ek ongelukkig moet trek. Ek sal nie ly net omdat my land dit nie goedkeur of toelaat nie. Vir Tiaan hoop ek daar lê nog baie optredes voor. Hy help my om van die daaglikse werkstres te ontsnap en weg te breek. Hy laat my toe om sosiaal te wees. Hy moet nog baie hindernisse en grense afbreek.”
RAAD
“Ek weet dit is moeilik alhoewel ons in die 21ste eeu is, is baie mens nog baie gelowig en klou aan tradisie vas. Dit is moeilik om oop en uit te wees, maar daar is veilige plekke.
“As jy in die ongelukkige posisie is waar jou ouers jou nie aanvaar nie, is dit ook nie die einde van die wêreld en geen rede om jouself leed aan te doen nie.
“Jy sal eendag groot word, jou eie geld verdien en jou eie familie begin. Ek weet dit klink baie kras maar jou ouers sal voor jou sterf en jy kan nie jou lewe vir hulle lewe nie; jy moet jou eie lewe leef. As jy nie jou lewe vir jouself gelewe het nie, wat doen jy wanneer jy alleen en oud is? Wat het jou lewe beteken? Daar is plek onder die son vir almal.”
SKRYF IN JOU DAGBOEK
Dinsdag word die toneelstuk Boet en Sus by The Brewers Market opgevoer. Toegang is gratis en die vertoning begin om 18:30. Dit is die toneelstuk waarin Miss Mavis haar eerste verskyning in 2021 gemaak het.
Drag Night word op 1 en 2 Julie by Cafe Prestige met die tema “Kersfees in Julie” aangebied. Deure open om 19:00 en toegang is N$80.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie