Roux-fam brand
Roux-fam brand

Otji-boer Kobus Roux sterf

Francoise Steynberg
Kobus Roux, die boer van Otjiwarongo wat op 15 Maart ernstige brandwonde in ‘n gasstoofontploffing op die plaas Gemsbok opgedoen het, het vanoggend in Kaapstad gesterf.

'n Familielid van wyle Roux het bevestig dat hy gister ‘n terugslag in die hospitaal gehad het, nadat hy aanvanklik goed herstel het.

Roux het dieselfde tragiese pad geloop as sy swaer, die bekende sakeman en filantroop van Otjiwarongo, Theo Borstlap, wat in Mei verlede jaar ernstige brandwonde op sy plot buite die dorp opgedoen het. Borstlap (68), die eienaar van Theo’s Spar, het op 6 Junie 2023 in die Milpark-hospitaal in Johannesburg gesterf.

Roux se vrou Lientjie, is wyle Borstlap se suster.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!