REMEMBERING KATRINA: Swapo politburo member and former education minister, Katrina Hanse-Himarwa has passed away at 57. Photo contributed
REMEMBERING KATRINA: Swapo politburo member and former education minister, Katrina Hanse-Himarwa has passed away at 57. Photo contributed

Oudminister sterf ná kankerstryd

'Sy was nie bang om leiding te neem nie'
Die voormalige minister van onderwys het ondanks omstredenheid rondom korrupsie, 'n gerespekteerde figuur in Swapo gebly en word onthou vir haar leierskap en passie.
Nikanor Nangolo
Terwyl die nasie treur oor die afsterwe van Swapo se politburo-lid en voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur, Katrina Hanse-Himarwa (57), ná ’n moedige stryd teen kanker, stroom huldeblyke in van kollegas, vriende en politieke bondgenote wat Hanse-Himarwa vir haar deursettingsvermoë en leierskap onthou.

Hanse-Himarwa, wat ná die party se verkiesingskongres in 2022 in die politburo aangestel is, het in Julie 2019 uit die kabinet bedank nadat die hoërhof haar aan korrupsie skuldig bevind het. Ten spyte van die omstredenheid het sy ’n gerespekteerde figuur binne Swapo gebly.

In ’n onderhoud met NBC het haar man, Ghenno Himarwa, hul skok oor haar skielike dood uitgespreek.

“Ons het geweet sy is siek. Ons het deur moeilike tye gegaan en ek was 100% betrokke om te sien dat sy die meeste van die tyd gesond is. Maar ons het nie verwag dat sy so gou sou gaan nie.

“Sy was ’n sterk mens met ’n sterk karakter en persoonlikheid, iemand wat sin gepraat het en vir almal in hierdie land omgegee het.

“Sy is gerespekteer in haar werk as minister, goewerneur en raadslid,” het hy gesê.

Hy het haar heengaan as ’n groot verlies vir hul gesin beskryf.

“Sy het die meeste van die tyd vir die huishouding, die kleinkinders en selfs vir my gesorg. So, dis ’n groot verlies.

“Ek weet nie hoe ek al hierdie dinge gaan regkry nie, maar as hoof van die huishouding moet ons, daar is geen ander manier nie. Ons moet aanbeweeg, want ons het baie by haar geleer en ons moet dit nou toepas.”

PRESIDENT

President Nangolo Mbumba het in ’n verklaring gesê die heengaan van Hanse-Himarwa “beroof ons nasie van ’n kampvegter wat geveg het vir ’n onafhanklike nasie waarin leerlinge en kinders toegang tot onderwys kan kry en hulle drome najaag”.

“Die prestasies van kameraad Hanse-Himarwa as ’n passievolle onderwyser en opvoedkundige, is hoogs prysenswaardig. Namibiese leerlinge en die land in die algemeen het geweldig baat gevind by haar bydraes,” het hy gesê.

Mbumba het ook namens die regering sy opregte meegevoel aan haar man, kinders en familie betuig.

‘PASSIEVOL EN NIE BANG’

Die sekretaris van Swapo se jeugliga, Ephraim Nekongo, het haar ook geloof as meer as net ’n lid van die politburo.

“Sy was ’n baken van krag en onwrikbare toewyding aan die ideale en waardes van ons party. Sy is in 2022 in die politburo aangestel en het die fakkel van leierskap met buitengewone grasie en uithouvermoë voortgedra," het hy gesê.

“Haar mentorskap het gehelp om die pad vir talle jong individue binne ons party te vorm en haar invloed sal gevoel word vir jare wat kom,” het Nekongo bygevoeg.

Die voormalige verslaggewer, Chris-Paul Haingura, het haar onthou as ’n belese en intelligente mens.

"Sy het altyd geweet waarvan sy praat. Die krediet wat ek haar wil gee, is die feit dat sy my van ’n wilde en onkundige mens, in ’n meer gefokusde en progressiewe mens verander het.

“Vir diegene van ons wat gelukkig genoeg was om haar te ken, was sy baie passievol oor mense, veral kinders. Sy was lief vir kinders, en jy kon dit sien oral waar sy gegaan het.

“Sy was ’n mense-mens en terselfdertyd was sy nie bang om die leiding te neem nie. Selfs wanneer mans weggeskram het van ’n geveg, het sy opgestaan en gelei,” het Haingura gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!