Ouma Annie ’n skatkis van staaltjies en raad
’n Ryk, vol lewe
As jy met 'n gebedsaak worstel, bel vir Ouma, is haar kleindogter se aanbeveling.
“Bid, bid, bid. Moenie ooit jou geloof in die Here verloor nie. Hy sal altyd deurbraak en seën oor jou pad laat kom. Vertrou net op Hom,” is ouma Anna Fourie (gebore Labuschagne) se raad aan mense.
Ouma Annie, soos vriende en familie haar liefdevol noem, het gister haar 95ste verjaarsdag in die Huis Deon Louw op Gobabis gevier.
Op 95 is Ouma Annie die oudste inwoner en ook die oudste van die Dorslandtrekkers in die ouetehuis op Gobabis.
Sy is op Humpata in Angola gebore, as die vyfde van nege kinders. Sy is die enigste van die nege wat nog lewe.
“Toe ouma so twee jaar oud was het die Labuschagne-familie besluit om te trek en het hulself op die plaas Schwartzwald oos van Gobabis gevestig. Dit was vroeg in 1929. Ouma was toe nog heeltemal te klein en kan die trek glad nie onthou nie. Gobabis was maar altyd haar tuiste,” vertel haar kleinkind, Leonè Niewoudt.
Ouma Annie het in die Gobabis-omgewing eers op die plaas Schwartzwald en toe op Simelike grootgeword. Sy was tot standerd 6 (graad 8) op die plaasskool Houmoed en van toe tot in matriek in Windhoek Hoërskool.
“Ouma was as skoolkind en ook ná skool aktief in sport, veral in netbal. Sy het in 1950 vir die Windhoek munisipale netbalklub gespeel. Sy het in 1947 by die destydse Suid-Afrikaanse spoorweë as tikster begin werk. Sy het daarna as snelskrif-tikster by die Pupkewitz algehele handelaar gewerk.”
HUWELIK
Sy het vir Philip Fourie ontmoet en op 21 Augustus 1948 het die twee in Windhoek in die huwelik getree. Hulle het in die laat vyftigerjare die plaas Morewag, oos van die Waterberg in die Otjiwarongo-distrik, gekoop en gaan boer.
“Ouma was ’n jarelange lid van die plaaslike Vrouelandbouvereniging. Sy het baie aktief aan die aktiwiteite van die VLV deelgeneem en tydens die landbouskoue talle eerste pryse en bekers vir haar rangskikkings en naaldwerk gewen.
“Sy het ook die nuwe VLV-wapen van die witvrou-rotstekening by die Brandberg geborduur en aan die destydse VLV-presidentsvrou oorhandig. Ouma was baie kunstig en het behalwe borduurwerk ook geskilder, geskets en interessante koeke gebak. Haar gemmer en speserykoekies en soutterte was wenners.
“Sy het papierdekor en blomme gemaak en die mooiste blommerangskikkings vir die landbouskoue, asook in 2015 die blommeruikers vir haar een kleindogter se troue. Ouma het ook altyd die rokke en kostuums vir haar kinders en kleinkinders gemaak.”
Uit die huwelik is twee dogters, Anita en Elbe, gebore.
In 1975 het die egpaar langs die Vaalrivier in Parys in Suid-Afrika afgetree. Hulle het later Krugersdorp toe getrek, waar Flippie op 7 Augustus 1988 oorlede is.
“Ouma was in die 1990’s Leon Wessels van die NP se persoonlike sekretaresse in Krugersdorp.”
Ouma Annie het later by ’n ouetehuis op Rustenburg ingetrek en sedert September 2019 is sy in die Huis Deon Louw op Gobabis.
“Ouma was in haar laat tagtigs toe sy weer begin praat van Gobabis en dat sy graag soontoe wou terugkeer.”
DIE LABUSCHAGNE’S
“Die Labuschagne’s (De La Buscagne – letterlike betekenis ‘Vanden Bosch’) is Hugenoot-afstammelinge uit die dorpie Bergerac in suidweste van Frankryk, 100 km oos van Bordeaux.
“Hulle was Protestante wat in die laat 17de eeu as sogenaamde ‘ketters’ moes kies weens die staats-ingestelde vervolging van Protestante onder die Rooms-Katolieke kardinaal Richelieu.
“Deur nie te swig voor die ultimatum van staat en kerk nie verlaat hulle, soos ander Hugenote, die land in 1696 ooswaarts via Switserland en Duitsland na Enkhuizen, Nederland.”
OUMA
“Ouma was tot onlangs toe nog baie bewus en op datum met die sake van die dag en wat in die politiek en wêreldnuus aangaan. Sy het graag Republikein gelees. Sy is baie lief vir haar kinders en kleinkinders, sy volg gereeld op en is op hoogte met ons doen en late. Met die hulp van mense in die ouetehuis doen sy selfs nog soms ‘video calls’ en dis altyd lekker om met haar te gesels.
“Ouma het baie staaltjies en stories en wyse woorde. Hoewel die geselsery al hoe moeiliker gaan, is sy steeds gesond, hoewel tog oud en verswak. Ouma vat elke dag as ’n seën van die Here. As mens ’n saak van gebed het, bel vir Ouma en vertel haar; sy sal dit nie los tot daar deurbraak is nie. Sy bly bid en intree tot die deurbraak kom,” het Leonè vertel.
Ouma Annie en oupa Flippie het in hul jonger dae altyd saam met vriende en familie gekuier, kitaar gespeel en gesing. Tot met haar trek na die Gobabis ouetehuis het sy nog kranig tuin gemaak en vele blomsoorte se biologiese name geken.
NAGESLAG
Ouma Annie het twee dogters – Anita Tromp en Elbe Labuschagne. Sy is met ses kleinkinders geseën deur Anita se kinders: Phillip, Annelle, Nico en Heidi. Elbe het vir Leone en Tiaan.
Ouma Annie het tien agterkleinkinders: Taryn, Nicki en Carli wat Phillip en Sharun se kinders is; Nico en Keila wat Nico en Cisca se kinders is; Annelle en Riaan se kinders Anika en Emma, asook Heidi en Jobert se dogtertjie, Mika. Amber is Leonè en Willie se dogtertjie en Tiaan en Ashley het ’n seuntjie, Elandre.
Leonè sê: “Daar is nog soveel meer wat mens kan sê van iemand wat al 95 jaar op die aarde is. Ouma het altyd tyd vir ’n grappie, of ’n swart koffietjie, maar ons weet sy het op die een of ander manier vele mense se lewens al aangeraak. Ons almal is bly vir die berg van ’n skatkis van stories, staaltjies, herinneringe en raad wat ons al van haar kon ontvang het. Ons is almal baie lief vir ons ouma.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie