Ouma Eva sterf kort voor sy 101 jaar vier

Boet Matthews
Sy was so naby om nog ’n stukkie geskiedenis in die Beukes-familie se lewensboek te skryf, toe die noodlot ’n dubbele slag by hul huis in Blok C op Rehoboth slaan. Die dorp se geliefde ouma Eva Beukes, een van die oudste Rehoboth Bastervroue, is dood voor sy vandeesmaand 101 kersies op haar verjaardagkoek sou uitblaas.

Ouma Eva, die vrou van wyle pastoor Jakobus Beukes, is op die eerste Sondag van die maand in die begraafplaas agter die Katolieke Kerk begrawe. Die begrafnis was ’n miernes van mense wat teenwoordig was om hul laaste respek aan dié geestelike moeder te betoon.

Republikein het verlede jaar oor ouma Eva berig toe die moeder van die Rynse Evangeliese Lutherse Kerk (RELK) haar 100ste verjaardag op 22 Augustus gevier het.

Familielede en vriende het by navraag gesê ouma Eva se dood het hulle hard getref, omdat sy “regtig ’n staatmaker was”.

“Sy het kliphard gesing en kon baie dinge doen vir ’n vrou wat amper 101 was,” het hulle gesê.

Haar oudste seun, Dawid, wat self al ’n klomp somers agter die rug het, vertel sy ma was voor haar dood nie eintlik siek nie. Sy het egter erg agteruit gegaan ná die dood van Dawid se oudste suster Tina op 20 April en in die ouderdom van 80 jaar.

“Vir my ma was dit soos die doodsklok wat gelui het. Die twee het regtig goed oor die weg gekom en was eintlik soos stout kinders. My ma was nie meer dieselfde Eva wat ons geken het nie en het stadig maar seker erg agteruit gegaan,” vertel Dawid.

“Tina het geval, haar been gebreek en in die hospitaal beland. Sy is toe huis toe gestuur waarna sy drie dae later op 20 April gesterf het. Die been was bros en kon nie gespalk word nie. My moeder en Tina het alles saam gedoen en Tina het ook nie kinders gehad nie.”

Volgens Dawid het Tina wat ongetroud was, selfs haar werk gelos om na hul ma om te sien.

“Ons ma het ’n wilskrag gehad wat vir niks agteruit gestaan het nie. Eva Beukes se vermoë om

prontuit te praat, was een van haar sterk punte. Ek moes self deurloop toe ek gevra het wanneer ek gebore is!

“Sy het vertel ‘ek het op 19 Maart 1948 gestaan en vuur maak toe jy begin skop. Ek moes vinnig hospitaal toe stap, sodat jy jou verskyning kon maak!’ Sy was maar net ’n uitsondering,” sê Dawid met ’n breë glimlag.

Biskop Zephania Kameeta het tydens een van die gedenkdienste vir ouma Eva as ’n “biddende vrou – van kinders, kleinkinders, agterkleinkinders, die breë familie en gemeente” beskryf.

“Sy ken die geskiedenis van die Basters, want sy

was soos ’n museum en ’n biblioteek,” het hy gesê.

Wyle ouma Eva word oorleef deur een seun, drie dogters, twee skoondogters, 18 kleinkinders, 28 agterkleinkinders, drie agteragterkleinkinders en een skoonsuster.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.33 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.9 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.91 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 544.96/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 857.30/T UP 2.57% | Brent Crude Oil US$ 72.04/BBP UP +1.30% | Platinum US$ 964.98/OZ UP +1.16% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.33 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.9 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.91 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 544.96/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 857.30/T UP 2.57% | Brent Crude Oil US$ 72.04/BBP UP +1.30% | Platinum US$ 964.98/OZ UP +1.16%