Paramedikus ‘blywende impak gelaat’
Tydens opleidingsessie dood
Die gebeure wat tot Fillemon Primus se dood gelei het, is nog nie bekend nie.
Hy was ’n belowende student wat bykomende onderrig ontvang het om sy droom na te streef om ’n gevorderde paramedikus te word.
So het die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) gesê van ’n paramediese student wat Donderdag tydens ’n opleidingsessie dood is.
Die 33-jarige Fillemon Primus, ’n tweedejaarstudent in nood- mediese sorg, is glo by die munisipaliteit van Windhoek se opleidingsgeriewe vir nooddienste dood waar hy omstreeks 15:00 dié middag opleiding in ’n beperkte ruimte tydens ’n noodopleidingsessie ondergaan het.
Die gebeure wat tot Primus se dood gelei het, is nog nie bekend nie. Die munisipaliteit sê egter pogings is aangewend om hom weer by te bring.
Nust het in ’n verklaring gesê hulle en die munisipaliteit bied hul volle samewerking aan die polisie en mediese personeel wat die oorsaak van Primus se dood probeer vasstel.
Die studente wat tydens die voorval teenwoordig was, ontvang ook sielkundige ondersteuning van die universiteit en die kursus waaraan Primus deelgeneem het, is tot verdere kennisgewing gestaak.
Primus is sedert 2015 ’n paramedikus by E-Med-nooddienste, waar hy eers as ’n basiese lewensondersteunende paramedikus en later as ’n intermediêre lewensondersteunende paramedikus werksaam was. In 2022 het hy E-Med verlaat om sy passie vir prehospitaal- nood mediese sorg na te streef.
“Ons sal Fillemon Primus altyd onthou as ’n kollega wat vriendelik en vol lewe was, wat sy plig met toewyding en deeglikheid aangepak het en ’n blywende impak gelaat het op almal wat saam met hom gewerk het,” het E-Med in ’n Facebook-plasing gesê.
Die burgemeester van Windhoek, Queen Kamati, het tydens ’n besoek aan wyle Primus se huis gesê hy is ’n jong man wat opgelei is om tot die land by te dra.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie