Wyle Louis van Niekerk. Foto Netwerk24
Wyle Louis van Niekerk. Foto Netwerk24

PAS IN: Akteur Louis van Niekerk sterf

Yandi Du Plessis
Die akteur Louis van Niekerk is Maandagmiddag dood.

Kanker is vroeër by hom gediagnoseer. Hy was in die Milpark-hospitaal in Johannesburg en het Dinsdag morfien ontvang, het Marinus Haakman, sy seun, Gert, se lewensmaat, gesê.

Van Niekerk was die afgelope paar jaar te sien as Festus in die kykNET-sepie Getroud met rugby, wat verlede jaar geëindig het.

Hy het in toneelstukke soos Siener in die suburbs en Koning Lear opgetree en hy was destyds die regisseur van die toneelstuk Die rebellie van Lafras Verwey, waarin Tobie Cronjé die hoofrol vertolk het.

Van Niekerk het die rol van genl. Jan Smuts in Manie van Rensburg se reeks The Fourth Reich vertolk. Hy het baie agting en bewondering vir Van Rensburg gehad.

Sy seun is die regisseur en akteur Gert van Niekerk. Hulle het ’n pa en seun in Franz Marx se dramareeks Grondbaronne vertolk.

Hy het nog ’n seun, Drikus, en het twee kleinkinders en drie agterkleinkinders.

-Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!