PAS IN: Jill Biden land in Namibië
Presidentsvrou van die VSA, Jill Biden, het vandag in Namibië aangekom en 'n krans by Heldeakker in Windhoek gelë. Sy is vergesel deur Namibië se presidentsvrou, Monica Geingos. Biden sal Namibië en Kenia besoek tydens hierdie reis om die Verenigde State se vennootskappe op die Afrika-vasteland te versterk en gedeelde prioriteite in die streek te bevorder. Biden se verbintenisse sal fokus op die bemagtiging van vroue en die jeug, pogings om voedselonsekerheid aan te spreek, en die bevordering van gedeelde demokratiese waardes. VIDEO Octavia Tsibes
Kyk die video hier: https://q.my.na/EIFJ
Kyk die video hier: https://q.my.na/EIFJ
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie