Perspektief uit ’n ander hoek
Steltloper vermaak Namibiërs
Victor Naobeb vertrou met die Here se genade sal mense hom weer vir funksies, skoue, ekspos en uitstallings bespreek.
“Ek sê vir mense moet nooit op jou ma kyk nie. Die Here het vir jou hande gegee, jy kan sien, hoor en loop. Daar is geen rede om by die huis te sit en wag dat die geld na jou toe kom nie. Begin klein; begin om vetkoekies of ys te verkoop. Begin net iets doen.
“Wanneer jou ma van die werk kom met ’n sak vol kos, dan wil jy die sak gryp om te kyk wat sy gebring het. Ná werk moet sy die skottelgoed was, klere was en ophang en huis skoonmaak terwyl jy heeldag by die huis sit en dan vra jy nog sakgeld?” het Victor Naobeb (32), ook bekend as Lang Man, ’n steltloper, gesê.
Victor is op Otjimbingwe gebore en hy het daar sy skoolloopbaan begin.
“Toe ek 14 was, het my pa werk in Windhoek gekry en ons het hiernatoe getrek. In graad 10 is my pa oorlede. Ek het nie met skool aangegaan nie omdat ek my ma moes help om kos op die tafel te sit. Ons was sewe kinders.”
Hy het sy CV by elke moontlike plek ingegee maar aangesien hy nie sy skoolloopbaan voltooi het nie, was dit moeilik om werk te kry.
“Op ’n dag het ’n Mervin by my huis opgedaag en gesê hy tree as ’n hanswors by funksies op en hy is opsoek na nog hansworse. Ek het besluit om dit te doen, want ek wou net iets begin doen. My eerste optrede was by die Ongwediva-handelskou in 2011.”
“Ná dit het die man gesê hy kan my nie ander werk gee nie, maar ek kan ’n hanswors word en ons kan saam optree.
“Ek was net te bly dat ek kos op die tafel kon sit en het die geleentheid aangegryp hoewel die kinders aan die begin baie vir my gelag het. Hulle het gevra: ‘Watter clown is dit die wat nie kan lag nie. Hy is dan glad nie snaaks nie’. Ek het vasgebyt, aan my optredes begin werk en die kinders begin vermaak.”
Mervin Classen het gesê dat hulle moet leer om op stelte te loop.
STELTLOPER
“Hy het die stokke aan sy voete vasgemaak en geloop. Toe hy afklim het ek gesê ek wil ook probeer en het die stokke aan my voete vasgemaak. Ek het toe vir die Here gesê: ‘Here U is naby, ek gee myself in U hande, dra my’. Ek het opgestaan en begin loop. Ek het ’n klein bult op geloop en teruggeloop. Ek het gaan sit om die stokke van my voete af te haal toe Mervin my vra hoe lank ek al op stokke loop?”
Nadat hy die stelte afgehaal en opgestaan het, het hy begin bewe.
“Bo-op die stokke was ek baie kalm, maar terug op die grond het ek begin bewe want toe skrik ek.”
Victor het vir die eerste keer op twee meter hoë stelte begin loop.
“Dié stokke gebruik ons ook langs die kus omdat die wind en weer baie onvoorspelbaar is. Gewoonlik loop ons egter op vier meter hoë stokke.”
Twee weke nadat hy die eerste keer op die stelte geloop het, het hy die oggend wakker geword. Nadat hy gebid het, het iets vir hom gesê om dorp toe te gaan. Hy het taxigeld by sy ma gekry en dorp toe gegaan.
“Ek het direk na Snyman Sirkel gegaan en daar was mense wat besig was om vir ’n optog gereed te maak. ’n Duitse man was besig om stokke aan sy voete se sit, maar hy het nie lekker gevoel nie. Ek het gesê ek sal in sy plek loop. Ek het die stokke vasgemaak en vanaf Snyman Sirkel tot by die polisiekantoor en terug Zoo Park toe gestap. Dit was die eerste keer wat ek so ver op stelte geloop het en waarvoor ek N$500 betaal is.”
Victor het ook kos gekry wat hy saam met die geld na sy ma toe kon neem.
“Ek het net by die huis aangekom toe die man my bel en sê hy wil my oplei. Ek het ingestem en hy is die een wat my geleer het wat om te doen wanneer dit voel of ek wil omval. Hy het my geleer ek moet altyd my liggaam vorentoe gooi omdat ek voor my kan sien. As ek agtertoe val, sien ek niks nie en dit kan baie gevaarlik wees.”
Victor onthou sy eerste en laaste val in Oshikango.
“Ek het geloop en nie afgekyk nie. Onder my was ’n man met geestesprobleme. Hy het nie geweet wat hy doen nie en het my broek gegryp. Ek het my balans verloor en soos ek geleer het, het ek my liggaam vorentoe gegooi.
“Ek het geval en op pad grond toe het ek twee ysterpale gesien wat uit die grond steek. Ek kon niks doen nie, maar die Here het my opgepas. Ek het met my kop tussen hulle geland en niks oorgekom nie. Die man het ná die vertoning verskoning kom vra.”
As steltloper het Victor die hele land, behalwe vir Hentiesbaai gesien.
“Ons het oral opgetree totdat Covid-19 gekom het en ons nie meer genooi is nie. Ek hoop dit sal in die nabye toekoms verander sodat ek weer kan werk.”
TOEKOMS
Victor wou die handdoek ingooi veral met Covid-19 toe hy geen inkomste verdien het nie. Hy het besluit wanneer jy met iets begin dan kyk jy nie terug nie; jy kyk vorentoe en gaan aan.
“Daar is nie werk in Namibië nie. Mense moet self begin werk skep. Hulle moet hul hande gebruik om te werk en as hulle dit nie begin doen nie, dan sal hulle net ander mense se goete vat. Ek kan mense oplei wat wil leer hoe om met die stokke te loop.”
RAAD
“As jy sit en wag vir die geld om na jou toe te kom, sal dit nooit gebeur nie. Jy moet opstaan en loop. Jy moet in die Here glo en Hy sal deure vir jou oopmaak. Sê dankie in die oggende wanneer jy wakker word dat Hy jou nog ’n dag gegee het en staan op en doen iets daarmee. Die jong mense wil net sit en kyk en van sit en kyk sal jy net oud raak en niks doen nie.”
Victor vertrou dat dit met die genade van die Here volgende jaar baie beter sal gaan en mense hom weer vir funksies, skoue, ekspos en uitstallings sal bespreek. Hy vra ook nie geld vir kerke om by basaars op te tree nie.
“Ek tree gratis vir kerke op en vra net dat hulle vir my agterna gee wat hulle kan sodat ek darem iets huis toe kan vat.”
Victor sê mense is altyd verbaas om te hoor hy is ’n Damara-man wat op stelte loop.
“Hulle kan dit nie glo nie, want almal dink mos Damaras drink en baklei net. Maar dit is nie so nie en nie almal van ons is so nie. Die duiwel het met my pa gemors en hy het baie gedrink. Ek het gesien hoe dit mense seermaak en die familie beïnvloed. Ek drink glad nie en gebruik al die geld wat ek maak vir my ma en familie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie