Plaaslike kos pronk op Afrika-verhoog

Iréne-Mari van der Walt
Swakopmund is genomineer as een van die beste bestemmings op die Afrika-vasteland in die Wêreld Kulinêre-toekennings.

Die Nedbank Swakop Food Fest is ook benoem as een van die beste kulinêre feeste in Afrika.

“Hierdie erkenning weerspieël die harde werk en passie van almal wat betrokke is om die fees ’n viering van kulinêre uitnemendheid te maak.

“Ons is opgewonde om steeds die ryk geure en kleurryke koskultuur in Namibië op die wêreldverhoog te plaas," het Dalene Stephanus, die stigter en organiseerder van die fees, oor die benoeming aan Republikein gesê.

Sy het die fees in 2019 uit nood op die been gebring om haar brood en botter te verdien en het verlede jaar in ’n onderhoud met Republikein gesê dat sy verwag het dat die fees “net nog ’n markie” sou wees.

“Ek het regtig net probeer oorleef. Ek het finansieel deur ’n baie moeilike tyd gegaan en ek moes aan iets dink om my besig te hou terwyl ek my sake in orde kry,” het sy destyds gesê.

Gmundner Lodge naby Dordabis is ook genomineer vir een van Afrika se beste plaas-tot-tafel-restaurante. Namibiese restaurante en hotelle ding ook mee om die titels van beste restaurant in Namibië en beste hotelrestaurant landswyd.

Die publiek kan www.worldculinaryawards.com/nominees/2024 besoek om vir die genomineerdes te stem.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!