Projek wil ’n blywende verskil maak
Alpha Aid in Namibië
In Namibië sal ons 'n volhoubare landbouprojek begin om plaaslike voedselproduksie op te skerp, die impak op die omgewing te minimaliseer en stropery uit te skakel, sê Hermann Binek van Alpha Aid.
Yolanda Nel – Weens ’n begeerte om behoeftige en kwesbare mense te help, is Alpha Aid op die been gebring en beoog dié inisiatief se projekte om ’n reuseverskil in Namibië te maak.
Hermann Binek, ’n direkteur van Alpha Aid, sê die projekte is tweeledig en sluit in om noodhulpdienste te ondersteun en ’n plaaskonsep.
“Die inisiatief het ten doel om die volhoubaarheid van reddingsoperasies te verbeter deur noodpersoneel te bemagtig en samewerking binne gemeenskappe te vestig,” het Binek verduidelik.
Hy sê die projek neem die behoefte aan voetsoolvlakondersteuning in ag en fokus op die verskaffing van opleiding en hulpbronne aan diegene aan die voorpunt van nooddienste.
“Deur plaaslike reddingwerkers met noodsaaklike vaardighede en kundigheid toe te rus, help die projek nie net om lewens te red nie, maar verminder dit ook die afhanklikheid op hulp van buite,” het Binek tydens ’n onlangse besoek aan Namibië gesê.
Alpha Aid het sowat tien jaar gelede begin en is twee jaar gelede amptelik as ’n niewinsgewende organisasie deur die Amerikaanse owerhede geregistreer.
“Die eerste projek in Namibië het kort voor die pandemie as ’n konsultasie teen stropery begin en is aan die einde van 2022 as ’n holistiese navorsingsprojek voortgesit. Twee taakspanne is in hierdie tyd gestig,” het Binek verduidelik.
Taakspan A het die oorsaak van die volhoubare bewaring van spesies en die beskerming van bedreigde diere bestudeer; en die omvang en oorsake van uitwissing in Suider-Afrika ondersoek, terwyl taakspan B terselfdertyd pre-hospitaalsorg in Namibië geëvalueer het.
In 2023 is alle navorsing finaal geëvalueer en die Alpha Aid-plaasprojek is onthul.
“In Namibië sal ons ’n volhoubare landbouprojek begin om plaaslike voedselproduksie op te skerp, die impak op die omgewing te minimaliseer en stropery uit te skakel. Die projek is ten volle volhoubaar vir die plaaslike ekosisteem, insluitend sy mense en die omgewing,” het hy bygevoeg.
Alpha Aid gaan ’n primêre sorg- en traumafasiliteit op die plaas bou met ’n funksionerende ambulansdiens om gesondheidsorg in die streek te verbeter.
“Hierdie noodstasies help die omliggende gemeenskappe en verbeter reddingsdienste en bied verligting aan hospitale.”
Terwyl baie werk nog op die plaas gedoen moet word, hoop hulle dat ’n gedeelte van die projek reeds aan die einde van 2024 operasioneel sal wees.
“Die sooispitseremonie het reeds plaasgevind en verskeie spanne werk tans aan die verskillende take van ons projek.”
Weens die aard van die werk kan die ligging van die plaas nie in dié stadium onthul word nie.
Die plaas beoog om wildstropery te bekamp, selfstandigheid te bevorder en ’n holistiese omgewing vir onderrig te skep.
Volgens Binek is dit meer as ’n landbouprojek en kombineer dit bewaring, onderrig en bemagtiging.
Die doelwitte sluit in die bekamping van wildstropery deur alternatiewe bronne van inkomste en lewensbestaan deur volhoubare boerdery te voorsien.
“Ons poog om die behoefte aan wildstropery te verlig. Ons plaas dien as ’n simbool van harmonie tussen mens en natuur.”
Plaaslike gemeenskappe, ekosisteme en hulpbronne word negatief deur wildmisdaad geraak en inkomste uit stropery dra by tot die finansiering van terrorisme.
“Ons is trots daarop dat ons ’n strategiese benadering ontwikkel het en is gereed om ons strategie uit te brei,” lui ’n verklaring.
Alpha Aid glo daarin om plaaslike gemeenskappe te leer hoe om saam met wild te leef terwyl hulle hul eiendom beskerm.
Om plaaslike inwoners te leer oor die ernstige gevolge van die uitwissing van spesies, terwyl hulle met etiese middele van volhoubaarheid bemagtig word, is die sleutel tot die suksesvolle implementering van die Teorie van Verandering (ToC).
“Ons het ’n suksesvolle benadering ontwerp om wildmisdade te bekamp wat om hierdie uitgangspunt draai.”
Een van die doelwitte is om die plaaslike gemeenskap aktief betrokke te maak by hul pogings in die bekamping van stropery en om enige verdagte aktiwiteit aan te meld.
Binek beklemtoon opvoedkundige bemagtiging speel ’n kritieke rol.
“Onderrig is die kragtigste hulpmiddel wat ons kan verskaf. Die Alpha Aid-plaas is ’n lewende klaskamer en bied praktiese opleiding in volhoubare landboupraktyke, bewaringstegnieke en ekovriendelike boerderymetodes.”
Die inisiatief is begin deur ’n groep individue met die “regte ingesteldheid en die regte vaardighede” om te help.
“Ons is almal paramedici en wêreldreisigers. Ons het die behoefte gesien om mense om voetsoolvlak te help. Ons het met groter niewinsgewende organisasies gewerk en besef die strategie van ‘bo na onder’ is onvolhoubaar op die lang termyn.”
Bernd Curschmann, een van die stigterslede van Alpha Aid, het gesê hy deel graag sy kennis en kundigheid. “Ons het as ’n groep saamgewerk en die behoefte het ontstaan om die projek te formaliseer,” het hy gesê.
Geen projek is egter sonder sy uitdagings nie.
“Daar is altyd finansiële uitdagings en in Namibië is daar ook geografiese uitdagings,” sê Binek.
Hy beklemtoon ook die belangrikheid daarvan dat mense bewus is van die inisiatief en hul doelwitte.
“Ons het meer mense nodig wat ons leer ken en wat ons doen. Ons nooi jou uit om deel te wees van hierdie transformerende projek. Hetsy deur skenkings, vrywilligerswerk of die verspreiding van die woord, jou ondersteuning is die water wat hierdie inisiatief help groei. Kom ons koester saam hierdie saadjie van verandering in ’n vooruitstrewende toekoms.”
As jy by die inisiatief betrokke wil raak, kan jy ’n e-pos na [email protected] stuur. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie