Queen Ndaponah wil Namibië bevorder
Haar eerste boek is op die rakke
The Namibian Princess leer beide kinders en volwassenes oor die ontsagwekkende Namibiese landskappe, verskillende kulture en tradisies.
“My grootste droom was om my boek The Namibian Princess in al 70 Namibiese ambassades se wagkamers te vertoon. Mense wat na die ambassades toe gaan om onder andere visa-aansoeke te doen, kan dan die boek lees en opgewonde oor Namibië raak. Die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking sê egter hulle het nie die geld om 70 boeke te koop wat die land sal bevorder nie.
“Ek het ook ’n brief aan die ambassade in die Verenigde State van Amerika geskryf, maar het tot op hede nog nie ’n antwoord ontvang nie. Ek neem aan ek sal self Amerika toe moet gaan en self vir Namibië moet bevorder, en terwyl ek dit doen, kan ek sommer ’n eksemplaar van die boek by die ambassade los,” het Queen Ndaponah Shikangalah, skrywer van The Namibian Princess, gesê.
Queen Ndaponah is in ballingskap in die Pumwani-hospitaal in Nairobi, Kenia, gebore. Die eerste vyf jaar van haar lewe het sy in die huis van Tate Mavulu in Nyango in die Swapo-vlugtelingkamp in Zambië deurgebring.
“Op vyfjarige ouderdom is ek en baie ander vlugtelingkinders van ons families geskei en na ’n ander vlugtelingkamp in Angola naby N’dalatando gestuur. Ons kindergarten, die Natalia Mavulu-sentrum, is na my wyle tannie Natalia vernoem. Ek het later by die wyle Victoria Kambalala in Kwanza Sul gaan bly.”
Op 12-jarige ouderdom het sy na Ecole Secondaires de la Namibie in Brazzaville in die Kongo getrek en in 1990 het sy vir die eerste keer na Namibië gekom.
“My kinderjare was soos die van ’n tipiese vlugtelingkind in Afrika. Ek het in die tyd van voedselskaarste grootgeword. Dus het ons meestal kos gesoek en dit was ’n avontuur op sy eie.
“Ons het vroegoggend wakker geword en militêre opleiding ontvang. Ons verantwoordelikhede in die kampe was om dit skoon te hou en besoekers te vermaak. Wanneer die sirene afgaan, moes ons seker maak die jonger kinders hardloop ook in die regte rigting.
“Op rustige dae het ons in die Angolese oerwoude ingevaar. Ons het na die woude gegaan op soek na vrugte en bessies. Soms het lorries vol kos gekom, maar as ek nou as volwassene terugkyk, was net ’n uitgesoekte paar in die kamp bevoorreg genoeg om van dit te eet – net soos vandag in Namibië – nie veel het verander nie.
’n Paar uitgesoektes geniet nog steeds alles namens ons terwyl ons in stilte toekyk en hoop dat hulle eendag versadig sal word en begin om dit ook met ons te deel.”
“Ons bly egter hoopvol met ons eerste vroue-president en haar moederlike instinkte dat inklusiwiteit nie net ’n woord gaan bly wat rondgeslinger word wanneer dit stemtyd is nie, maar dat dit ’n Namibiese werklikheid sal word.”
Nadat sy haar hoërskool by die Progress College in Kaapstad voltooi het, het sy Duitsland toe gegaan.
“Ek en my vriende het die Afro-Berlin TV Broadcasting on Offener Kanal begin. Ek het dit só geniet om Afrika-inhoud te skep dat ek besluit het om Londen toe te gaan om ’n diploma in filmregie te doen.”
HAAR BOEK
Queen Ndaponah se boek is geïnspireer deur die safari’s wat sy in Namibië meegemaak het.
“Ek wou Namibië met die boek bevorder terwyl ek in die Verenigde Koninkryk gewoon het, maar ek het my opleiding klaargemaak en besluit om huis toe te kom en verder te skryf.
“Die boek is eintlik ’n filmverhaal vir ’n animasiereeks wat beide kinders en volwassenes oor die ontsagwekkende Namibiese landskappe, verskillende kulture en tradisies leer. Ek wou saam met die NBC in die verband werk, maar ek dink ek was ver voor die tyd met die vierdimensionele Namibiese inhoud.”
Die boek is tans slegs in Engels beskikbaar, maar sy hoop dat dit in die toekoms in al die Namibiese tale beskikbaar sal wees.
“Ons regering het egter nie die geld vir sulke projekte nie, om nie eens van die idee te praat van poppe wat soos die karakters in die boek lyk waarmee kinders kan speel nie.
“Ons gooi woorde soos boublokke van die Namibiese nasie rond. Verbeel jou Namibiese kinders speel met poppe wat soos hulle lyk, uit ’n boek wat oor hul land geskryf is. Verbeel jou watter impak dit op ’n kind se psige sal hê?”
RAAD
“My raad aan ander skrywers is om te skryf en om Namibië te bevorder. Ek weet dit is nie maklik nie aangesien daar amper nie ’n leeskultuur in ons land bestaan nie en diegene wat veronderstel is om dit te bevorder, doen dit nie. Hulle wil hê dat jy op jou eie koste moet reis en jou eie geld moet gebruik om die land vir hulle te bevorder.”
Die hoogtepunt in haar lewe was toe sy die eerste gedrukte eksemplaar van The Namibian Princess in haar hande kon vashou.
“Uiteindelik het ek een van my boeke gedruk. Ek het so baie tyd bestee om die inhoud te versamel. Namibië en die Afrika-vasteland in geheel is ’n wonderlike leë doek. Ek het so baie boeke wat gereed is, maar ek het nie die geld om dit te laat druk nie.”
Queen Ndaponah se grootste droom is om eendag saam met ’n internasionale uitgewer te werk sodat haar boeke wêreldwyd beskikbaar sal wees.
“Dit sal my gelukkig maak omdat ek daardeur so veel meer vir my gemeenskap kan doen.
“Die boek is tans by Windhoek Buchhandlung, the Red Shelf en Craft Center in Windhoek beskikbaar. Ek doen ook konsultasies en bied werkwinkels aan oor hoe om ’n boek bymekaar te sit en self uit te gee. Belangstellendes kan my by 081 896 9760 kontak.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie