Ramaphosa: Geingob 'n veteraan van vryheidstryd

Henriette Lamprecht
Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa het wyle president Hage Geingob as 'n veteraan van Namibië se bevryding van kolonialisme en apartheid beskryf. Geingob, Namibië se derde president, het vanoggend 00:04 ná 'n kankerdiagnose gesterf.

"Hy was ook 'n groot invloed op die solidariteit wat die mense van Namibië na die mense van Suid-Afrika uitgebrei het, sodat ons vandag vry kan wees," het Ramaphosa in 'n verklaring gesê.

“Tydens die besoek het ons ons twee lande tot selfs nouer vennootskap verbind, in 'n groot mate geïnspireer deur president Geingob se passievolle oortuiging oor ons gedeelde toekoms as nasies en groter geleenthede en voorspoed vir burgers aan beide kante van die Oranjerivier,” het die Suid-Afrikaanse president oor sy laaste ontmoeting met Geingob gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!