Rehoboth se baken van hoop

‘’n Veilige hawe vol liefde’
Die Lighthouse Children and Youth Ministry bied 'n veilige omgewing en geleenthede om te groei en speel 'n noodsaaklike rol om kwesbare kinders op Rehoboth te help om hul potensiaal te ontdek en 'n toekoms vol hoop te bou.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Dit is nie net ’n projek nie, maar ’n veilige hawe vol liefde, genade en hoop waar kwesbare kinders en jong mense weer leer om te droom en hul vaardighede en talente ontdek en ontwikkel word.

As ’n baken van lig en hoop is die liefdadigheidsorganisasie Lighthouse Children and Youth Ministry op Rehoboth ’n plek waar baie van die kinders uit huise kom waar albei ouers dikwels afwesig is, hulle verwerp of deur dwelm- en alkoholmisbruik geteister word.

As die figuurlike lig in die kinders en jong mense se donker, bied die organisasie noodsaaklike dienste soos opvoedkundige programme, maaltye, asook praktiese en emosionele ondersteuning aan wat noodsaaklik is vir hul welstand en ontwikkeling.

“Deur ’n veilige omgewing te bied en geleenthede om te groei, speel die projek ’n noodsaaklike rol om hierdie kinders te help om hul potensiaal te ontdek en ’n toekoms vol hoop te bou,” sê Kenneth Shipipa.

Die behoefte vir dié tipe ondersteuning is baie duidelik in die feit dat meer as 100 kinders en jong mense wat in armoede leef, hier versorg word en die uitdagings weerspieël wat daagliks deur families op Rehoboth ervaar word.

Die organisasie is in 2019 gestig en amptelik in 2020 geregistreer om kwesbare kinders en jong mense wat in uiterste armoede grootword, te ondersteun en te bemagtig. Dis ’n veilige hawe wat emosionele, fisieke, geestelike en opvoedkundige sorg aan weerlose kinders en die jeug bied om “landsburgers te wees wat goeie vrugte in hul gemeenskappe dra”.

Volgens Kenneth voorsien die nieregerings- en liefdadigheidsorganisasie buiten opvoedkundige programme, ook daaglikse maaltye en het verskeie gemeenskapsprojekte om nog meer kinders en jong mense te bereik.

Die Tuin van Hoop-groenteprojek ondersteun ouetehuise, terwyl daar ook ’n naaldwerk- sowel as ’n akwaponikaprojek is. Die organisasie verskaf ook toiletware aan van die kinders in verskillende koshuise, terwyl die programme vir talentontwikkeling die kinders en jong mense help om hul talente en belangstelling deur middel van die ontwikkeling van vaardighede en verskeie aktiwiteite te ontdek.

Maandaemiddae is dit tienertyd, sê Kenneth, met ’n spesiale program wat van speletjies en lofprysing tot besprekings met Bybelse temas insluit.

“Die Sonskynklub is gemik op kinders wie se ouers in staat is om hulle liefde en aandag te gee, maar nie finansieel in staat is om vir hul daaglikse maaltye en skoolbenodighede te koop nie. Dié groep bestaan uit meer as 30 kinders wat elke tweede week ’n voedselpakkie en ook hulpbronne of materiaal ontvang wat nodig is vir skool,” verduidelik Kenneth.

Meer as 50 kinders wat in armoede grootword, woon die organisasie se naskoolse program by waar hulle daagliks ’n maaltyd ontvang, hulp kry met hul huiswerk en wat verskeie aktiwiteite soos boogskiet, Bybellesse, kunsvlyt, sport en speletjies, sowel as wiskunde-, Engels- en leesklasse bywoon. Die organisasie het ook ’n program vir jong, swanger meisies wat buiten inligting ook ’n geskenkpak vir hul baba’s ontvang.

Kenneth vertel die organisasie wil ’n veeldoelige opleidingsentrum bou wat nie net onderrig verskaf nie, maar ook die jong mense en kinders met praktiese vaardighede toerus.

“Baie van die kinders in ons programme word met fetale alkoholsindroom gebore, wat natuurlik nie goed is vir hul akademiese loopbaan nie, maar hulle kan met hul hande werk.”

Planne vir die sentrum is onderweg wat onder meer vier klaskamers, ’n biblioteek, ’n rekenaarlaboratorium, ’n gemeenskapsaal, ’n mans- en vrouesalon asook ’n koffiekamer insluit wat deur die jong mense bestuur sal word.

As ’n nieregeringsorganisasie is hulle afhanklik van skenkings wat groot druk veroorsaak om te verseker dat al hul programme steeds kan voortgaan.

Die Lighthouse Children and Youth Ministry is trots op sy integriteit, eerlikheid en verantwoordbaarheid, beklemtoon Kenneth.

“Dit is baie moeilik om besighede of individue te kry wat gewillig is om ons te ondersteun omdat baie organisasies voortdurend hul finansies misbruik. Op die ou einde raak dit die meeste nieregeringsorganisasies, selfs al is hulle eerlik.”

Die geweldige impak op en verskil wat hulle in Rehoboth se gemeenskap maak is duidelik, sê Kenneth.

“Aan die begin van elke jaar voorsien ons skoolbenodighede aan al die kinders in ons programme. Baie keer kom vra lede van die gemeenskap ook vir hulp en wanneer daar ekstra materiaal oor is as al ons kinders gekry het, dan gee ons ook vir hulle.

“Sowat 98% van ons personeel is plaaslike inwoners van die dorp. Die gemeenskap se eienaarskap van die projek word ook weerspieël in die weeklikse uitreikprogramme waar ons gemeenskapslede betrek.

“Weens die geskiedenis en goeie reputasie en verhoudinge met die gemeenskap glo ons die sentrum sal verwelkom word deur diegene wat sien en glo in die werk wat ons doen.”

Vir meer inligting oor die Lighthouse Children and Youth Ministry, die werk wat hulle doen en die beplande veeldoelige sentrum, kan Kenneth by [email protected], 081 322 0995 of 081 552 6704 gekontak word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007