Renjaer wil sy passie deel
Nadat die Europese motorsportnetwerk, GP1, sy steun aan die Namibiese Motorsportfederasie (NMSF) aangekondig het, vertel die Namibiese renjaer Adriaan Nel oor die finansiële las wat motorsport op sy deelnemers plaas.
“Vir ’n seisoen in die nasionale renstelkampioenskappe werk dit uit op sowat 250 000 sonder die renstel,” verduidelik Adriaan.
Hy sê iemand wat hy ken moes ongeveer N$1,5 miljoen opdok om aan die Formule Asië-reeks deel te neem en sê ’n naweek se deelname aan die Formule 4-reeks jaag jou sowat N$1 miljoen uit die sak.
Nel het in Oktober verlede jaar ook aan die internasionale motorsportfederasie, die Federation Internationale de l'Automobile (FIA), se Motorsportspele in Spanje in die kategorie vir e-renne deelgeneem. Hy het onder meer finansiële ondersteuning van internasionale finansierders soos GP1 en plaaslike besighede soos Paratus Namibia en Sunita Cables ontvang.
Hy verduidelik die koste verbonde aan hierdie sportkode is redeliker as fisiese renne.
“Mense is altyd verbaas as jy nie die duurste kit het nie, maar jy het nie die duurste nodig om te begin nie, so die intreevlak is meer bekombaar,” verduidelik hy.
Hy glo egter dat Namibiese renjaers met die nodige finansiële ondersteuning hul stempel op die internasionale verhoog kan afdruk.
“As hulle die ondersteuning het, kan hulle dit doen. Selfs in Suid-Afrika is dit redelik skaflik, maar op daardie vlak gaan jy geld nodig hê,” sê hy.
DEEL PASSIE
Adriaan het tans drie plaaslike renstelkampioenskappe sowel as twee renmotornabootser-kampioenskappe agter sy naam en hoop om sy passie met die jeug te deel deur renmotornabootsers in skole beskikbaar te stel.
“Dit sal moeilik wees om dit in byvoorbeeld staatskole te laat werk omdat daar so baie is,” verduidelik hy.
Hy besit ook ’n renstelspan wat aan die Namibiese renstelkampioenskappe deelneem.
Adriaan het sy loopbaan in 2009 op die ouderdom van nege in renstelrenne begin en het twee jaar later in 2011 sy eerste nasionale kampioenskap gewen. Die volgende jaar het hy in die junior Max-klas aan die Zwartkops-klubkampioenskap in Suid-Afrika deelgeneem en derde geëindig.
Daarna het hy by CRG Suid-Afrika as ’n fabriekrenjaer aangesluit. Oor die volgende twee jaar het hy by CRG Suid-Afrika ontwikkel van ’n agterste merker tot ’n mededinger in die voorste groep by die SA nasionale kampioenskappe.
Hy het in 2013 ’n aanbod ontvang om aan die Formule Asië-reeks deel te neem, maar kon weens ’n gebrek aan finansiële steun nie die geleentheid aangryp nie.
Sedertdien het hy aan e-renne begin deelneem en het hy twee keer die Namlan-geleentheid, wat deur die Namibiese Elektroniese Sportfederasie (NESA) aangebied word in 2022 en 2023 gewen.
Hy het ook in 2023 die Namibiese e-sport kampioenskap gewen.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie