Inwoners van Senior Park-aftreeoord in Windhoek. Foto argief
Inwoners van Senior Park-aftreeoord in Windhoek. Foto argief

'Republikein' gee om

HOOFREDAKASIE
Nuusredaksie – Republikein se redaksie is gereed om hierdie feestyd terug in die gemeenskap te ploeg en ons wil ons lesers die geleentheid gee om deel te wees van die opwinding.

Ons span gaan, in samewerking met onbaatsugtige vennote, op Vrydag 13 Desember die Kersgees na die Senior Park-aftreeoord in Windhoek neem en inwoners met ’n smaaklike ete bederf.

Afgesien van die ete, lekker gesels en ’n behoorlike makiti, wil ons die inwoners verder bederf en dit is hier waar ons die hulp van ons lesers wil inroep.

Ons nooi lesers uit om saam met ons hande te vat om ’n verskil te maak deur iets te skenk wat ons na die ouetehuis kan saamneem.

Elke persoon wat ’n skenking maak, kom in aanmerking vir die trekking vir ons We Care-kompetisie en staan die kans om ’n naweekwegbreek vir twee mense vir twee nagte by die Ombinda Country Lodge op Outjo te wen. Die prys word met trots deur Enjoy Travel Namibia geborg.

Skenkings kan by Republikein se kantoor (Network Media Hub) by 11 Generaal Murtala Muhammedrylaan in Eros afgelewer word. Bring asseblief jou skenking gedurende werksure voor Donderdag 12 Desember en maak seker om jou naam en nommer by ontvangs in te gee om aan die kompetisie deel te neem.

Met die skenkings beoog Republikein om 153 inwoners se harte te verbly, so ons het al die hulp nodig wat ons kan kry.



WAT OM TE SKENK?

Inwoners het hul wenslysies aan Republikein gestuur.

Hier is ’n lys van items wat jy kan skenk: Toiletware (vir mans en/of vroue), beskuit, koekies, lekkers, sjokolade, biltong, droëwors, droëvrugte, Hug in a mug-sakkies en sokkies.

Vir meer inligting oor die kompetisie, kontak ons by [email protected].

#OnsGeeOm #WeCare

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 29° Ruacana: 20° | 32° Tsumeb: 19° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 19° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 26° | 38° Keetmanshoop: 24° | 38° Aranos: 25° | 37° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 34° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 20° | 26° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 27° #REF! #REF!