Ruimte vier vyf dekades
Boet Matthews – Die Primêre Skool Ruimte was Vrydag ’n miernes van bedrywighede met die viering van die skool se 50ste bestaansjaar, wat in 1974 amptelik sy deure geopen het.
Die vieringe is deur van leerlinge, onderwysers en ouers tot oudpersoneel bygewoon, met Jack Huisemab wat vir die musiek gesorg het. Deel van die program was sangitems en danse deur leerlinge, terwyl die onder 13-rugbyspan die gaste met die gewilde Haka van die All Blacks op hul voete gehad het.
Van skoonmaker tot skoolouer het hard agter die skerms gewerk om die geleentheid ’n sukses te maak.
“Dit is regtig ’n riem onder die hart om die glimlagte van almal teenwoordig te sien vir die viering van vyf dekades van respek, streng dissipline en trots,” het die skoolhoof, Christel Diergaardt, gesê.
Volgens haar was dit lekker om veral met oudonderwysers wat die verrigtinge bygewoon het, te gesels en te lag oor die goeie ou dae.
Diergaardt was self in 1976 in sub B op sesjarige ouderdom deel van die skool se trompoppies.
“Vandag staan ons op die drumpel van eindelose moontlikhede waar elke leerling oor die potensiaal beskik om die wêreld in hul eie unieke wyse aan te pak.
“Ruimte is nie net ’n skool om te leer nie, maar dit is ook ’n heiligdom van eindelose moontlikhede en ’n baken van hoop vir ’n beter toekoms,” het Diergaardt gesê.
Sy het beklemtoon die skool is gerat om goeie gehalte-onderrig aan leerlinge in ’n leerlingvriendelike omgewing te gee.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie