Só word eensaamheid hok geslaan
Vroue van die Senior Park-aftreeoord in Windhoek het sowat ’n maand gelede bymekaargekom en besluit om terug in die gemeenskap te ploeg vir so lank as wat hulle kan.
Hulle het die Sonneblom-breiklub begin.
Aan die stuur van sake staan tannie Rina Majiedt en tannie Marylyn van Zyl.
“Ek is nog my lewe lank lief vir hekel en brei en het vir Rina gesê ek wil graag vir ander mense ook leer brei. Ons het besluit om die klub te stig vir almal wat belangstel om te leer of om net bymekaar te kom en te hekel en brei,” het Van Zyl gesê.
Die eerste maand kon die vroue kies wat hulle wou brei. Daar is kniekomberse, serpe, slaapsokkies en mussies gebrei. Nou het die vroue besluit om iets vir hulle naaste te doen en so ook terug in die gemeenskap te ploeg.
“Ons wil nou 25 kniekomberse vir die mense in die Katutura-ouetehuis voor die winter begin brei. As daar mense in ander dorpe is wat ook kan en wil brei en deel van die projek wil wees, kan hulle blokkies brei. Ons sal reël dat die blokkies in Windhoek by ons sal uitkom en Marylyn sal die blokkies aanmekaar werk en komberse maak. Almal is welkom om deel van die projek te wees,” het Majiedt gesê.
Volgens die vroue kry Senior Park skenkings van buite af en is dit hulle manier om terug te gee. Hulle sal ook nie by die Katutura-ouetehuis ophou nie; hulle sal aanhou brei en komberse uitdeel.
Tannie Sami van Wyk het ’n maand gelede die eerste keer in haar lewe breipenne opgetel en slaapsokkies vir haarself gebrei.
“Aan die begin het dit sukkel-sukkel gegaan, maar mens is nooit te oud om te leer nie. Die Sonneblom-breiklub vat my weg van my eensaamheid, gee my ander gedagtes, ’n gevoel van deel wees en gee my iets om te doen tussen vriende,” het sy gesê.
Tannie Sandra Blignault doen dit omdat die Here deur die jare baie goed vir haar was en sy nou die geleentheid gekry het om haar dankbaarheid te betoon deur terug aan haar medemens te kan gee.
Die ander lede van die klub beaam beide stellings heelhartiglik. Die klub gee hulle ’n doel, geselskap, is ontspannend, bring mense bymekaar en laat hulle uit hul huise kom.
“Hier onder die grasdak is al die sonneblomme bymekaar,” het Majiedt gesê.
Aangesien die lede van die klub pensioenarisse is, verwelkom hulle enige wolskenking sodat hulle kan aanhou brei.
“Ons sal dankbaar wees oor die kleinste bolletjie wol. Niks sal gemors word nie,” het Majiedt gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie