San-hoofman op sy knieë
Die polisie ondersoek steeds die brand wat die hoofman van die San-gemeenskap in die Omahekestreek se huis op Okahandja op 3 Oktober in puin gelê het.
Hoofman Joseph /Gomoseb se huis is tot op die grond afgebrand weens beweerde brandstigting, saam met al die gesin se besittings en dokumentasie, insluitend identiteitsdokumente.
/Gomoseb en sy vrou, met drie van hul minderjarige kleinkinders, van wie een nog nie twee jaar oud is nie, bly nou op Windhoek se strate.
Hulle slaap waar hulle kan, soms by vulstasies waar daar ten minste lig in die aand is, sê hy.
Volgens die hoofman het dié verwoestende brand “gevolg op vier vorige brandstigtingpogings in September, wat by die Okahandja-polisiekantoor aangemeld is”.
/Gomoseb sê dit blyk dat die polisieondersoek daarop gefokus is om hom of ’n lid van sy huishouding vir die misdaad vas te trek.
Nampol wou voorheen nie besonderhede aan Network Media Hub (NMH) oor die ondersoek verskaf nie, hangende forensiese resultate. Nog minder besonderhede is by vandeesweek se navraag gedeel.
/Gomoseb sê hy was in Windhoek in ’n vergadering met die minister van visserye en mariene hulpbronne en visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah, toe die Okahandja-brandweer hom gebel het met die nuus dat sy huis in puin gelê is.
“Hulle het almal gehoor,” sê hy.
Sedertdien kry hy geen hulp van enigiemand nie, sê hy.
Hy kan nie eens sy pensioen eis nie, want hy het nie meer sy identiteitsdokumente nie.
Beamptes van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit weier om hom gratis te help voordat die minister nie in ’n brief opdrag gee oor hoeveel hy vir nuwe dokumentasie moet betaal nie, sê hy.
Die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir randgemeenskappe stuur hom ook van bakboord na stuurboord, sê hy.
Die Duitse ambassade, met wie hy voorheen namens sy stamgenote onderhandel het, kan blykbaar ook nie help nie, aangesien hulle slegs skenkings deur die regering kan aanbied.
“Ons het hulp nodig!” pleit hy.
/Gomoseb was voorheen ’n kampvegter vir die regte van die onderdrukte Hai-||kom San-gemeenskap, ’n stryd wat hom dikwels in konflik met verskeie owerhede geplaas het.
Nou is daar geen bakleiery meer in hom nie, sê hy.
Enige barmhartige Samaritaan wat die hoofman se pleidooi om hulp wil beantwoord, kan hom by 081 346 4900 kontak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie