Sarien stap
Henriette Lamprecht – Met elke tree wat sy gee in die beplande 1 000 km wat sy wil aflê, wil sy mense bewusmaak van die toestand wat beskryf word as “in haar, sy of my eie ruimte”.
Sarien Hibbert, enkelma van twee jong volwassenes en ’n Engels Eerste Taal-onderwyser verbonde aan Namib High in Swakopmund, het op 1 April begin met haar bewusmakingsveldtog vir outisme.
“Ek het toe die eerste 5 km van die 1 000 gedoen en dis nie ’n grap nie!” vertel sy uit Walvisbaai waar sy woon.
Haar motivering is haar outistiese jong volwassene wat hierdie jaar 20 word en wat tans betrokke is by die uitgee van ’n kinderboek, asook alle outistiese mense en veral kinders in uitdagende omstandighede in Namibië.
Sarien het reeds 100 km afgelê en moet weekliks sowat 27 km doen om teen die einde van die jaar haar beplande 1 000 km te voltooi.
“Ek doen die kilometers by Parkrun Walvisbaai en ook in ooreenkoms met Yes! Biokinetics. Hulle verifieer die afstande wat ek aflê,” verduidelik Sarien.
Die bewusmakinggedeelte gebeur omdat sy ’n goeie storieverteller is, sê sy.
“Soos die kilometers verbygaan, is daar ’n storie. Ek gebruik hierdie reis van 1 000 km as ’n metafoor om oor outisme te praat. Daar is baie interessante raakpunte in my reis wat outisme toeganklik maak vir elke persoon op straat.”
Sarien het reeds voor die afskop van haar bewusmakingsdroom uitdagings ervaar. Twee weke voor sy sou begin stap, het sy haar enkel seergemaak.
“Maar as ek dit wou doen en klaar doen, moes ek maar net ’n manier vind!”
Nou stap sy een keer per week tydens die Parkrun “en lê dan met die enkel in die lug vir die res van die dag!”
“Die raakpunte met outisme in bogenoemde situasie is dat outistiese individue dikwels reeds met ’n ‘besering’/uitdaging begin in vergelyking met mense wat nie outisties is nie. Hulle is nog nie eens uit die blokke nie, en dinge lyk klaar onoorkombaar moeilik. Hulle doen dit in elk geval, so ook die ouers. They just do it.”
As onderwyser het Sarien reeds een van haar graad 11-leerlinge geïnspireer om ook kilometers vir die bewusmakingsprojek aan te pak. Verder wil vriende en familie van so ver as Naboomspruit, Hermanus en selfs Taiwan saamstap vir ondersteuning.
Omdat sy in ’n staatskool werk, is haar mening oor die bewustheid van outisme in skole gegrond op haar huidige werksomgewing.
“Dikwels is die ouers van kinders in die openbare omgewing nie bewus van outisme nie, wat dit baie moeilik vir staatskole maak. Ouers en kinders met toegang tot private skole en beter mediese dienste, is gewoonlik meer hiervan bewus en het meer geredelik toegang tot die nodige ondersteuning vir outistiese kinders.”
In ’n omgewing waar daar min kennis, inligting en bewustheid is, kan outisme gesien word as gedrag wat gedissiplineer moet word, verduidelik Sarien, dit terwyl die kind ’n diagnose en ondersteuning nodig het.
Haar groot droom is om ’n hele “village” vir jong outistiese volwassenes aan die kus op die been te bring.
“Dit sal ’n plek wees waar hulle in outisties-vriendelike omstandighede in groepsverband kan groei en vaardighede ontwikkel en selfs werk.”
Enige persoon in Namibië met veral jong outistiese volwassenes wat graag wil kontak maak, is welkom om met haar te gesels, nooi Sarien.
“Ons kan stories uitruil. En as daar iemand is wat ’n bydrae wil maak, ek kort nuwe tekkies!”
Sarien kan by [email protected] gekontak word.
– [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie