Selfgeleerde naaldwerkster

Ouma was nooit op skool nie
Sy het 'n selfgeleerde vernuf om iets uit baie min as naaldwerkster te skep.
Tanja Bause
In ’n sinkkamer op Hentiesbaai sit ’n klein vroutjie agter ’n ou naaldwerkmasjien. Sy is besig om met kleurvolle materiale te toor en die mooiste tradisionele Nama rokke te maak.

Ouma Christofina Somaes (65) is op Outjo gebore. Met haar geboorte is haar ma oorlede.

“Ek is in die sorg van mense op ’n plaas tussen Outjo en Kalkfeld geplaas en het daar in my grootwordjare vir die mense se skape en beeste opgepas. Ek het nooit die geleentheid gehad om skool toe te gaan nie. Ek moes net in die veld werk en diere oppas.

“Ek het eers baie laat in my lewe geleer lees en skryf en vandag kan ek Khoekhoegowab en Afrikaans en so klein bietjie Engels lees.”

Dit is ook op die plaas waar haar liefde vir naaldwerk en materiaal begin het. Ouma het ou materiaal bymekaar gemaak en haarself naaldwerk geleer.

“Ek het nooit klas of opleiding gekry nie. Ek dink dis ’n seëning van bo wat nou in my passie verander het. Ek maak my eie klere en ontwerp klere vir ander mense en maak dit dan self.

“Op die oomblik is my naaldwerkmasjien baie oud en ek sukkel daarmee, so die meeste van die klere, komberse en beddegoed maak ek met die hand.”

DORPSLEWE

Ouma het terwyl sy op die plaas was van familielede in Hentiesbaai gehoor en wanneer hulle plaas toe gekom het, het hulle oor die dorp gesels. Op 27-jarige leeftyd het sy besluit om na hulle toe te trek.

“Ek het ook werk daar gaan soek. In daai jare was Hentiesbaai ’n baie vreedsame rustige dorp met baie geleenthede. Ek het werk as ’n huishulp gekry en dié werk vir 30 jaar gedoen, terwyl ek klere gemaak het om meer geld te verdien. Ek het my besigheid ‘Kom ons probeer’ genoem, hoewel ek die naam nooit amptelik geregistreer het nie.”

Toe ouma haar werk weens gesondheidsredes gelos het, het sy voltyds op haar naaldwerk begin konsentreer.

Ouma het sewe kinders gehad en sy het 19 kleinkinders.

Ouma Christofina sê die afsterwe van haar twee kinders was vir haar die moeilikste tyd van haar lewe.

“Ek het vrede gemaak, maar die seer bly. My seun is skielik kort ná sy troue oorlede en my dogter later in ’n motorongeluk. Dit was vir my die laagste oomblikke in my lewe en iets wat ek nie nog ’n keer wil ervaar nie.”

Met die geld wat Ouma deur haar naaldwerk verdien, betaal sy water, krag en kos. Tans bly daar nie veel vir die aankoop van nuwe materiaal oor nie.

“As mense ou stukke materiaal het wat rondlê en wat hulle nie meer wil gebruik of nodig het nie, sal ek dit waardeer. Die klere en komberse wat ek maak, word uit laslappies gemaak, so ek het nie meters en meters materiaal nodig nie. Enige stukke sal werk en sal ek dankbaar voor wees.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!