Sensei Marion: Vroue kán!
Henriette Lamprecht - Nege-en-dertig jaar nadat sy in Februarie 1982 met karateklasse begin het, beklee sy die topposisie op die ranglys vir vroue-karateka in Namibië.
Marion Bause (54) het onlangs tydens ’n gradering in Suid-Afrika haar Rokudan (sesde swartgordel/Dan) gekry wat haar ook die tweede vrou in Afrika maak om ’n Rokudan te ontvang.
Sensei Marion vertel haar reis met karate het in 1982 by Okinawan Goju-Ryu Karate Namibia (OGKN) begin danksy ma Ingrid wat gesê het “ek moet soontoe gaan om my aggressie onder beheer te bring”.
Wat dit inderdaad gedoen het, maar saam met dit was ook die lewenslesse in respek en dissipline.
In Suid-Afrika het sensei Marion saam met 70 ander swartgordels uit tien verskillende lande waaronder Tasmanië, Brasilië en Slowakye in Stellenbosch deelgeneem.
Net twee, sensei Marion en Ludo Huybrechts van België was deel van die gradering vir die Rokudan, met 12 deelnemers vir die swartgordels.
Sy hou daarvan om ander mense te leer, vertel sensei Marion, veral om kinders te leer om ander te respekteer en ook om dissipline en selfbeheersing te hê waar sy karateklasse aan kinders by die TOGKN Shinto Dojo in Windhoek aanbied.
“Ek hou daarvan, ek het ’n liefde en ’n passie daarvoor.”
Haar droom is om ’n sewende Dan te kry, iets waarvoor sy baie hard werk.
“Ek is nog jonk genoeg om my Nandan of sewende Dan te kry. By die asshuku (wat beteken om saam te oefen), was daar ’n 84-jarige man wat gewys het jy is nooit te oud of te jonk om karate te doen en dit te geniet nie.”
Sensei Marion se toewyding aan karate en passie vir dié kuns het generasies van jong karateka geslyp en beide vaardighede en liefde vir Okinawan Goju-Ryu in Namibië aangewakker. So sê sensei Carl van der Merwe, sewende Dan en hoofafrigter by OGKN.
“Ons wil sensei Marion met hierdie uitsonderlike prestasie gelukwens en sien daarna uit dat sy voortgaan om die volgende generasie te inspireer en te lei.”
Die laaste woord behoort egter aan sensei Marion wat sê sy is trots om die tweede beste vrou in karate in Afrika te wees.
“Ek dink dit is ’n goeie voorbeeld dat vroue ook karate kan doen en nie net mans nie!”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie