Ses organisasies baat by 24-uur hardloopskof
“Ek hou van draf en gebruik dit om geld in te samel vir mense wat dit nodig het,” sê Buks Gous.
Gous beplan om op 26 Mei vir 24 uur tussen Swakopmund en Wlotzkasbaken langs die see te draf om geld vir ses verskillende welsynsorganisasies in te samel.
“Draf en hardloop was nog altyd my Godgegewe talente, wat ek verlede jaar vir die eerste keer gebruik het om goed te doen. Ek het 160 km in vier dae langs die kus gehardloop. Dit was 40 km op ’n dag; basies ’n marathon elke dag. Ek het die geld geskenk aan die Windhoek Wes NG gemeente waar ek ’n lid is.”
Hy het besluit om vanjaar nog ’n bietjie rowwer te gaan en te kyk hoe ver hy in 24 uur kan hardloop.
“Ek het agtergekom mense wil nie noodwendig net geld gee wanneer jy vra nie. Hulle verkies dit om iemand te ondersteun wat iets doen om die geld in te samel en dus gaan ek ten bate van ses organisasies hardloop.
“Ek gaan 19:00 op 26 Mei by Wlotzkasbaken wegspring. My ma het ’n huis daar en ek maak dit my basis. Ek gaan sewe-uur tot die volgende oggend hardloop en kyk hoe veel kilometers ek kan hardloop.”
Die ses organisasies wat hierby gaan baat is Huis Maerua, S.P.E.S (Step out of Poverty throught Education), Huis Palms ouetehuis in Walvisbaai, Hands of Hope, die N.G. Moedergemeente se skuiling vir hawelose mense en Ruach Elohim Foundation, ’n veilige hawe vir weggooibabas.
“Hierdie organisasies doen almal ongelooflike werk in hul eie besonderse spesialiteitsgebied. Of dit babas of bejaardes is, hulle almal gee vir mense wat hulp nodig het; hulle sorg en help soos hulle kan.”
Mense het reeds vir Gous per kilometer begin borg; elkeen wat nog wil bydra, kan hom by 081 377 2645 kontak.
“Ek wil nie voor die tyd die geld ontvang nie, want enigiets kan gebeur en dan skuld ek mense geld. So, mense kan borg en dan aan die einde van die 24 uur sal ek sê hoeveel kilometer ek voltooi het en die bankbesonderhede verskaf en mense kan betaal.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie