Sewe dekades se Valentyn
Op 12 Februarie 1955 beloof hulle ewige trou aan mekaar op Bonnievale in die mooie Kaap. Sewe dekades later vier oom Pierre (95) en tannie Dottie (91) van der Merwe hul 70ste huweliksherdenking in die Altersheim op Otjiwarongo en die sout en soet van soveel jaar se sáámwees.
Die paartjie wat ’n seun en ’n dogter, drie kleinkinders en drie agterkleinkinders het, het ontmoet toe oom Pierre se kollega by die bank hom saamgenooi het om met fietse na die plaas te ry waar tannie Dottie en haar ouers gewoon het. Die spreekwoordelike koeël was deur die kerk en vandeesweek kon hulle saam met vriende en familie hul platinumherdenking vier.
Die Van der Merwe’s se dogter, Madelein O’Calaghan, het tydens die spesiale vieringe verwys na platinum wat skaarsheid, uithouvermoë, suiwerheid en kosbaarheid simboliseer.
“In ’n wêreld waar alles verander, het Pappa en Mamma se liefde konstant gebly. Vir julle gaan die liefde nie oor die hoeveelheid dae, maande en jare wat julle saam is nie, maar oor die hoeveelheid wat julle mekaar elke liewe dag liefhet,” het sy gesê.
Haar geliefde ouers se 70 jaar van liefde, lag en trane is volgens Madelein ’n getuigskrif van ’n band wat net sterker gegroei het met die tyd.
“Pappa en Mamma het bewys dat liefde nie ’n sesletterwoord is nie, maar ’n lewenslange verbintenis en vennootskap.”
Sy het haar ouers se liefde beskryf as dié wat in die Bybel in Korinthiërs 13 verwoord word.
“Julle liefdesverhaal is nie net ’n getuigskrif van tyd nie, maar ’n baken van hoop en inspirasie vir ons almal. Dankie dat julle die lig is wat die huwelikspad vir ons almal aanwys.
“Ek voel ongelooflik trots om julle my ouers te kan noem en te kon beleef hoe julle liefde deur die jare gegroei het.”
Tannie Dottie beaam dat haar en oom Pierre se liefdespad en huwelik gerig word deur Korinthiërs 13.
Die grootste seer en swaar wat hulle as egpaar en ouerpaar in hul sewe dekades saam deurgemaak het, was die dood van hul seun in 2020, sê tannie Dottie, maar met die Here se genade het hulle ook hierdeur gekom.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie