Sibbes gekies vir SA-musiekkompetisie

Yandi Du Plessis
Gerine Hoff - ’n Namibiese broer en suster, Juliette en Samuel Nel wat aan die kus woon, is gekies om deel te neem aan die prestige Hubert van der Spuy-musiekkompetisie wat in September in Suid-Afrika plaasvind.

Die tienjarige Juliette is ’n tjellis, terwyl Samuel (13), wat al voorheen aan die kompetisie deelgeneem het, klavier speel.

Albei het baie hard gewerk om tot op hierdie vlak te vorder.

Juliette sal in Augustus na Wene in Oostenryk reis om saam met haar onderwyser daar voor te berei, terwyl Samuel vandeesmaand na Suid-Afrika vertrek vir ’n week van intense lesse saam met sy musiekonderwyser.

Samuel se klavierstuk wat vir die kompetisie voorberei is, is vir hom oor Namibië geskryf.

Die kompetisie is tans die enigste in sy soort in Suid-Afrika en bied ’n unieke geleentheid vir kinders van 13 jaar en jonger om teen hul eweknieë van oraloor die buurland mee te ding. Verskeie vorige wenners het nie net musiek op tersiêre vlak gaan studeer nie, maar het ook op hul beurt – selfs internasionaal – bekroonde kunstenaars en musiek-instrukteurs geword. Telkemale keer vorige wenners terug om as gerekende lede van die beoordelaarspaneel te dien.

Die streng vereistes van die program wat aan deelnemers gestel word, verseker dat ’n hoë standaard gehandhaaf word, terwyl dit aan hulle ’n platform bied om waardevolle verhoog-ervaring op te doen.

Die Hubert van der Spuy-musiekkompetisie word gereël en aangebied deur die Tygerberg-tak van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers (SASMT).

“Ons is verheug oor die aantal en kwaliteit van inskrywings wat vir vanjaar se kompetisie ontvang is. Die oudisiepaneel het dit nogal uitdagend gevind om slegs 48 deelnemers te kies aangesien die standaard so hoog was. Ons wens almal die beste toe terwyl hulle voorberei vir hierdie opwindende geleentheid. Ons sien uit na ons 34ste kompetisie van 25 tot 29 September,” het die voorsitter van die Tygerberg-tak van SASMT, Hilda Boonzaaier, gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!