Sjebeens 'n probleem
Kinders het vrylik toegang tot drank en dwelms
By die sopkombuis en kindergarten word gestreef om 'n veilige hawe en kos te voorsien.
“Ek het hier grootgeword. Ek weet hoe dit voel om met ’n honger maag skool toe te stap en in die middagson terug huis toe te stap. Ek het ook met ’n leë maag skoolwerk gedoen en probeer konsentreer. Ek het dit self beleef, so nou kan ek nie net terugsit en kyk nie. Ek moet help en al is dit met min, maar ’n deel van my salaris as kantooradministrateur gaan na die Hart in Hand sopkombuis.”
So vertel Alicia Glaser, wie se pa pastoor Abraham Kamure en sy vrou Wilhelmina in 1994 met Wilma’s Kindergarten in die informele nedersetting Okahandjapark begin het.
“Ons het tans tussen 25 en 35 kinders, maar die getal wissel. Ons stuur geen kind huis toe indien die ouers nie kan betaal nie. Elke kind verdien ’n veilige plek in die oggend en baie van die ouers werk en dan is die kinders alleen by die huis.
“Hier by ons word hulle opgepas, hulle word onderrig en vir die skool voorberei,” het die pastoor gesê.
Reeds met die stigting van die kindergarten 28 jaar gelede het die egpaar die nood in die informele nedersetting raakgesien en uit hul eie sak en sover hulle kon die kinders met kos voorsien.
“As ons 30 kinders in die klas het, het minstens 20 sonder kos vir die dag opgedaag. Ons probeer elke dag kos voorsien, maar ons kan dit mes daal net twee tot drie dae per week bekostig,” het hy gesê.
Hulle hoop om in die toekoms ’n sentrum te kan oprig waar nie net die buurt se kinders nie, maar ook jeugdiges van die strate, drank en dwelms weggehou kan word.
“Hier is ongelooflik baie sjebeens en ek dink hulle moet verwyder word. Op maandeindes is hier geen beheer nie en drank word vryelik misbruik. Jy sien kinders so jonk as agt met ’n bottel bier rondloop. Dis verkeerd en die probleem, alhoewel dit nog altyd bestaan het, raak net al erger.
“Talle kinders se ouers het aan Covid-19 gesterf en dit het ook bygedra dat nog meer op straat is. Nou is daar nog meer huishoudings waar kinders aan die hoof is en daar is nie genoeg toesig nie. Die regering moet tafel toe kom en stelsels in plek sit wat sulke huishoudings identifiseer en help.
“Die regering het ’n rol om in die kinders se lewens te speel. Hulle moet nou inkom en help.”
ONS AS GEMEENSKAP
Volgens Piccolo Kandinda, voorsitter van die Hart in Hand sopkombuis, het hy die nood gesien en besluit om te help.
“Die pastoor en sy vrou kan nie meer die stygende nood en honger alleen en uit hul eie sak bekamp nie en ons as gemeenskap moet help. Hier is soveel klein kinders wat tot 10 kilometer elke dag skool toe en terug moet stap terwyl hulle mae leeg is.
“Die nood is so groot dat ons maklik 400 tot 600 kinders op ’n naweek kos kan gee as ons die nodige fondse en hulp kry. Ons moet hulle van die straat af kry. Jy kan elke naweek hier ’n klomp jong kinders gedrink of ge-‘drug’ sien rondloop, want dis waaraan hulle blootgestel is en om ’n kind met ’n groot bottel bier te sien rondstruikel is net nie reg nie. Kinders moet besiggehou word en kos in hulle mae kry.”
Volgens Alicia is die mense wat hier woon baie arm en die werk is skaars.
“Ek sien gereeld jong mense wat hier by ons as kinders kos ontvang het wat nou werk het. Ek moedig hulle aan om terug te gee en nou die kinders te help wat nog kos nodig het. Al is hul bydrae min, sal elke sent waardeer word en gebruik word om ’n kind kos te gee. Net soos dit nog altyd die geval hier was.
“Hulle kan nou ’n verskil maak en verseker dat ander kinders nie honger ly nie.”
Mense wat graag wil help, kan Alicia by 081 465 4653 kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie