Sjef Hantie vuur en vlam oor program
“Ons eet as ons huil en ons eet as ons gelukkig is.”
Só vertel die sjef Hantie Jansen van haar familie, wat sy verduidelik was die oorsprong van haar liefde vir kosmaak.
Hantie verskyn binnekort op die kassie as een van die “kinkelkokke” in die nuwe seisoen van kykNET se Kokkedoor: Vuur en Vlam.
“Ek dink nie daar was ooit ’n tyd wat ek nie wou doen wat ek nou doen nie,” sê Hantie, wat aan die stuur is van die spysenieringsmaatskappy Sage by Hantie.
Oor haar ervaring op die Kokkedoor-stel sê Hantie: “Ek het soveel nuwe dinge geleer – dit is verbasend hoe baie ’n mens by die onthoukokke kan leer en hoe goed mense by hul huise kook.”
Hantie deel ook dat sy ’n hegte verhouding veral met die ander kinkelkokke gevorm het tydens die reeks.
“Ek het sulke ongelooflike mense ontmoet – dit is so ’n cliché, maar dit is waar. Ek dink nie ek het nie met een van die kinkelkokke oor die weg gekom nie,” sê sy.
Sy meen die Namibiese koservaring moet nie as minder geag word as die ervaring in Suid-Afrika nie.
“Ek dink ons is redelik daar waar ons moet wees. Ons is beslis nie agter in ons kennis en vaardighede nie. Ek dink net ons kan leer om meer te waag.
“Ek dink ons is ietwat onbuigsaam – ons hou van ’n schnitzel en ’n steak. Ek dink ons kan daarby baat as ons meer begin eksperimenteer en as ons sjefs meer saamwerk.
“Talle Suid-Afrikaanse sjefs maak geleenthede daarvan wanneer hulle saamwerk en dit lei tot beter en interessanter dinge,” sê sy.
Hantie verskyn vanaf Donderdag 6 Februarie om 20:00 in die nuwe seisoen van Kokkedoor: Vuur en Vlam.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie