Skaak-foendie vertrek na Baku
’n Twintigjarige internasionale skaakmeester van Namibië het gister na die Wêreldbeker Skaaktoernooi in Baku, Azerbaidjan, vertrek.
Dante Beukes het op sewejarige ouderdom begin om skaak by sy skool se skaakklub te speel, alhoewel hy eers twee jaar later dié sport in alle erns opgeneem het en aan toernooie begin deelneem het.
“Hy is nederig en hy is regtig lief vir skaak. . . daar is baie goeie eienskappe aan hom. Hy is ons speler wat die hoogste gegradeer is. Wanneer hy aan enige skaakbyeenkoms deelneem, wil almal teen hom speel en probeer om hom te wen,’ sê Goodwill Khoa, die president van die Namibiese Skaakfederasie.
Beide Dante en Goodwil glo dit is noodsaaklik om ’n voorliefde vir die sport te hê.
“Ek dink daar is baie dinge wat ’n goeie skaakspeler maak, die eerste waaraan ek kan dink, is jou geheue, maar ek dink meer spesifiek is ’n liefde vir skaak die belangrikste. Ek dink net as jy ’n voorliefde vir skaak het, kan dit ’n speler ver neem,” sê Dante.
“Dit kan ’n speler aanspoor om dissipline in die sport te behou en aanmoedig om hul spel deurlopend te verbeter.”
Goodwill sê Dante se nederige agtergrond in skaak sal juis tot sy voordeel strek by die Wêreldbeker.
“Sy opponente gaan hom waarskynlik onderskat,” sê Goodwil.
Dante gaan eers ’n oefensessie bywoon, voor die toernooi op 30 Julie afskop en tot 24 Augustus duur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie