Sokkies vir ’n goeie doel
“Baie mense in die land woon in armoede. Ek gee vir mense die geleentheid om die kinders te help. Wanneer hulle ’n paar van my Kasi Socks koop, skenk ek ’n paar aan ’n kwesbare kind.
“Vir net N$50, kry jy en ’n kind ’n paar sokkies. Ons moet wegbeweeg van die mentaliteit om net geld te wil maak en terugbeweeg na menslikheid en aan die gemeenskap teruggee waarvandaan ons kom,” het Akuumba Andreas (19), die stigter van Kasi Socks, gesê.
Hy is in Ondobe in die Noorde gebore en het graad 1 daar begin.
“Aan die begin van graad 2 het ek en my gesin Walvisbaai toe getrek en in die skool het hulle my Andreas genoem. Ek is nog altyd Andreas genoem en toe ek klein was, het ek gedink dit is my naam. Nou nog noem almal my Andreas, alhoewel dit eintlik my van is.”
Andreas het in Kuisebmond se informele nedersetting grootgeword.
“Wanneer daar nie kos in die huis was nie of my ma het laat gewerk, het ek en my suster by die Promiseland-sopkombuis gaan eet. Ons het nie geweet wat die naam van die plek was nie; ons het dit net die sopplek genoem. Dis hoe lank ek al vir Promiseland ken.”
In 2020, gedurende die Covid-19-pandemie, het Andreas met ’n roomysbesigheid by sy ma se huis begin.
“Dit was somer en somermaande in Walvisbaai is baie warm. Ek het die roomys, -houers en -horinkies gekoop en verkoop. Toe kom die winter en die besigheid het nie meer goed gedoen nie. Ek het toe aan die idee van sokkies begin dink. Ek het egter nie die kapitaal gehad om te begin nie.”
Andreas het sy ou selfoon vir N$150 aan ’n vriend verkoop en sy eerste paar sokkies gekoop en verkoop.
“Die besigheid het begin vlamvat en ek het besluit om dit Kasi Socks te noem. Kasi is die plek waar ek grootgeword het. Wanneer mense in die dorp ons vra waar ons woon, het ons altyd gesê daar in die kasi. Dit is afkomstig van lokasie.”
Die mense van Kuisebmond het hom en sy besigheid ondersteun en die idee van “koop een, skenk een” het posgevat.
“Ek gee nie die sokkies self aan die kinders nie. Ek los dit in die hande van organisasies wat met kwesbare en arm kinders werk.
“Natuurlik het ek eerste aan Promiseland gedink omdat ek weet hulle doen goeie werk en wat hulle vir die gemeenskap van Tutaleni beteken. Ek en my suster het by hulle kos gekry en nou gee ek vir hulle sokkies wat hulle vir kwesbare kinders kan gee.”
Verlede jaar is 60 pare Kasi Socks geskenk en vanjaar tot dusver 40.
“Ons sal in Augustus ons volgende skenking oorhandig en dan sal ons nog 260 pare oorhandig. Die verskil wat ons in die gemeenskap maak is ongelooflik.
“Ek weet daar is baie mense wat sukkel, wat ’n keuse moet maak tussen ’n brood of sokkies; ek weet ek sou die brood koop. Deur die skenkings kan die kinders nou ook ’n paar warm sokkies ontvang en ek beteken iets vir die gemeenskap. Ekself het in ’n sinkhuis en arm grootgeword; ek weet hoe dit voel. Ek kan nou met die besigheid ’n verskil maak.”
Kasi Socks verskaf pasgemaakte sokkies aan besighede en organisasies. Belangstellendes kan sokkies op Facebook of by [email protected] bestel.
KAREN ZOID
Karen Zoid en Henry Steel tree eerskomende Donderdag en Vrydag by die Godenfang Restaurant in Walvisbaai op om geld vir die Promiseland Trust in te samel.
Promiseland en Kasi Socks het hande gevat en ’n spesiale sokkie ontwerp met die Zoid-embleem op.
“Twintig pare van die spesiale skokkies word per aand opgeveil. Donderdagaand word die kamer opgeveil waarin Karen by die Flamingo Villas gebly het en Vrydagaand ’n naweek vir twee by die Agama Lodge in die Suide,” het Jenny Esterhuizen van die Promiseland Trust gesê.
Vrydagaand se kaartjies is uitverkoop en slegs ’n paar is nog oor vir Donderdagaand se vertoning. Kaartjies kan by 081 719 8981 gekoop word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie