Straatwinkel laat mense waardig voel
“Dit was ’n spesiale dag. Ons het gevoel asof ons inkopies doen sonder om te betaal. Baie mense in Bethanie kry swaar en ons gebruik ons geld om kos te koop. Daar is nie geld vir skoene en klere nie.
“Ons het by die saal ingestap en die tafels was vol klere. Jy kon kies en keur wat jy nodig het en dit is vir jou in ’n sakkie gepak. Almal het gevoel asof hulle klere in ’n winkel gekoop het. Die kinders het self gekies en met hul inkopiesakke uitgeloop. Van oud tot jonk was gelukkig en in hul noppies. Ons het nie net gekry nie, ons kon self kies,” het Martha Fredericks (66) gesê.
Sy en 310 ander inwoners van Bethanie het onlangs by die eerste Die Straatwinkel op dié dorp gebaat.
Die EM Love Foundation het kragte saam met St. Paul’s Kollege in Windhoek gespan om die dag moontlik te maak.
Die idee van ’n straatwinkel het in Kaapstad in Suid-Afrika begin en word in Namibië deur die EM Love Foundation aangebied.
“Die doel van Die Straatwinkel is om minderbevoorregte gemeenskappe ’n inkopie-ervaring te gee.
“Gewoonlik – wanneer veral klere geskenk word – kry die begunstigdes eenvoudig ’n sak met klere sonder dat hulle kan kies wat hulle graag wil hê. Met Die Straatwinkel kan hulle in die opslaanwinkel die items volgens hul smaak en voorkeur gratis kies.
“Dit is ’n regte inkopie-ervaring met ’n maaltyd en vermaak aan die einde,” het Elias Mavis, EM Love Foundation se stigter, gesê.
“Ons harte was gevul met blydskap om te sien hoeveel mense opgedaag het en hoe groot die glimlagte was toe hulle met hul inkopies huis toe gegaan het.”
Die EM Love Foundation wat voorheen as die Elias Mavis Love Foundation bekend gestaan het, het in 2016 as ’n liefdadigheidsorganisasie geregisteer.
Mavis het reeds in 2012 haar eerste liefdadigheidsveldtog Love is Charity begin. Sy het met dié veldtog 120 kinders van verskillende weeshuise ondersteun. Sy het ook komberse vir straatkinders insamel en warmsjokolade uitgedeel.
“Talle mense in die verskillende gemeenskappe ondersteun my stigting en ek het nou ’n wye netwerk van vrywilligers. Ons doen verskeie liefdadigheidsinisiatiewe, waarvan Die Straatwinkel die grootste een is.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie