Sweedse vrou kom in Henties aan
Sy is deur talle inwoners en die burgemeester tot by die see vergesel. Emma Vånemo van Swede se staptog vanaf Afrika se ooskus tot die weskus het einde Januarie vanjaar in Zanzibar begin. Met haar aankoms gister op Hentiesbaai het sy reeds meer as 6 000 km ten bate van die liefdadigheidsorganisasie Doctors Without Borders afgelê. Sy is die eerste vrou wat sentraal-Afrika te voet deurkruis. Foto Facebook
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie