'Sy was lief vir almal en alles'
“Sy het so ’n groot hart gehad en sulke mense is deesdae skaars. Sy was lief vir almal en alles,” sê Inge Preis, die stigter van die Cat Protection Society (CPS), oor wyle Lerke Durant.
Sy het onlangs in ’n hospitaal in Windhoek gesterf nadat sy ’n “supervirus” wat teen verskeie antibiotika weerstandig was, onder lede gekry het. Lerke was 64 jaar oud en het ’n deel van haar lewenspolis en al haar meubels aan die CPS bemaak.
Sy sou volgende week, op Donderdag 17 Augustus, haar 65ste verjaarsdag gevier het.
Lerke het wilde katte versorg deur vir hulle kos te gee en het gereeld gehelp sodat hulle gesteriliseer kan word.
“Sy het nie regtig familie nie. Dit is so hartseer dat ons die enigste mense was wat deur haar goedjies kon gaan en dit oppak,” sê Inge. Lerke se man is in 1999 naby Oranjemund in ’n motorongeluk dood. Haar enigste seun is in 2012 in ’n motorfietsongeluk oorlede.
Lerke het sedert 1990 by die Delta-skool in Windhoek se koshuis gewerk en dit is hier waar sy ’n hegte vriendskap met tannie Caritas Bonat (78) gevorm het. Tannie Caritas vertel Lerke is as baba aangeneem en haar aangenome ouers en familie is ook reeds oorlede.
Lerke was ’n opgeleide kinderversorger en het op Karibib haar opleiding ontvang.
Tannie Caritas deel dat Lerke ’n stil persoon was wat soms die mense na aan haar kon laat skater van die lag.
“Sy het net ’n manier gehad om iets te sê wat jou uit jou maag kon laat lag,” sê sy.
Tannie Caritas vertel Lerke was ook ongelooflik lief vir diere en kuns. “Dit was haar grootste passie – om te sit en iets te maak wat mooi is vir ander,” sê sy en voeg by dat Lerke gereeld haar kuns gebruik het om mense se lewens op te helder.
“Sy het plakkate gemaak om in die gange van die koshuis op te hang en sy was baie vrygewig met haar kunswerke. Sy het altyd vir mense die mooiste kaartjies gemaak en ek het altyd vir haar gesê sy moet dit verkoop, maar sy wou nooit,” sê sy.
Lerke het ook sagte speelgoed soos teddiebere vir die koshuiskinders gemaak, vertel haar vriendin.
“Sy het selfs vir hulle ’n teddiehoekie by die koshuis gemaak waar hulle kon gaan sit as hulle hartseer was of huis toe verlang het,” sê Tannie Caritas.
“Sy was altyd bereid om te help. Al het jy haar gevra om 16 ure lank aan diens te wees, sou sy dit doen. Meeste mense sou nee sê of daarop aandring om meer betaal te word, maar sy sou altyd sulke dinge gedoen het. Sy was altyd behulpsaam. Ek onthou dikwels as die kinders kostuums nodig gehad het vir geleenthede soos die Windhoek Karnaval, het sy dit altyd vir hulle gemaak – en dan het sy dit mooi en ordentlik gedoen en nie net om te sê sy het dit gedoen nie.”
In haar vrye tyd was Lerke ’n groot versamelaar van aandenkings en volgens Tannie Caritas was sy ’n boekwurm.
“Sy was ook baie lief vir musiek – veral oldies. Sy het baie kassette gehad, dit was toe ons nog kassette gespeel het, en sy het altyd saans vir die kinders stories gespeel voor bedtyd."
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie