Theuns Jordaan in SA Heldesaal opgeneem

Yandi Du Plessis
Die ontslape Suid-Afrikaanse sanger Theuns Jordaan is Sondag in die Suid-Afrikaanse Heldesaal by die FNB-stadion in Johannesburg opgeneem.

Jordaan, sanger, liedjieskrywer en skepper van tydlose liedjies soos “Soos bloed” en “Sal jy bly”, se naam is nou saam met 134 ander grotes verewig wat diep spore in Suid-Afrika getrap het, soos oudpres. Nelson Mandela, emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en die 1995-Springbokspan wat ook in die heldesaal opgeneem is. Ander Afrikaanse sangers wat voor Jordaan hier opgeneem is, is Bles Bridges, Gé Korsten en Laurika Rauch.

Volgens Johnny Burger, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Heldesaal, dien die verering van uitsonderlike Suid-Afrikaners ook om die jeug “te inspireer om hul volle potensiaal te bereik”.

Die oorkonde is Sondag aan Jordaan se pa, Willie Jordaan, op ’n spesiale geleentheid in Pretoria oorhandig waar sangers soos Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk en Jay teenwoordig was. Die musiekkonsert Afrikaans is Groot is ook Sondag in die SunBet Arena in Pretoria aangebied nadat dit vir drie jaar weens die Covid-19-pandemie nie kon plaasvind nie.

“Ná drie jaar is die lang gewag vir Afrikaans is Groot verby, maar dit bring sy eie hartseer,” het Burger in ’n verklaring gesê.

“Ons vereer ’n reus. Iemand wat net te vroeg die wêreld verlaat het. Hy sal onthou word as die sanger wat nie net ’n verskil vir ons gemaak het nie, hy het ’n verskil ín ons gemaak. Sy vlees is weg, maar sy stem sal vir generasies in ons harte weergalm. Ons eer jou roemryke loopbaan,” het Burger gesê.

Jordaan is in November verlede jaar op 50 aan kanker dood.

Daar is ook op die geleentheid aangekondig dat R2 miljoen uit Jordaan se boedel aan die Pretoriase bloedkankerpraktyk ACT (Alberts Cellular Therapy) vir navorsing geskenk is.

Bron: Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...