Toes: 'Dit gaan goed met my'
Enrico (Toes) Junius, die voormalige burgemeester van Rehoboth wat op 14 September verlede jaar in ‘n veldbrand op sy plaas Waldesruhe brandwonde oor 63% van sy liggaam opgedoen het, ondergaan tans rehabilitasie in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek.
Sy vriend, Quinton Diergaardt, wat hom gehelp het om die brand te bestry, het in Suid-Afrika aan sy wonde beswyk.
“Ek doen baie goed. Toe ek twee maande gelede van Suid-Afrika af gekom het, kon ek nie behoorlik beweeg nie, maar nou doen ek twee keer op ‘n dag rehabilitasie met twee verskillende mense. Ek kan nou al op my eie stap. Nou moet ons net die spiere sterk kry en die vel strek en dan voorsien ek dat ek so binne ‘n maand se tyd huis toe kan gaan.”
Volgens Enrico het die dokter met sy aankoms by die hospitaal in Suid-Afrika gesê hy het ‘n 10%-kans op oorlewing.
“Hy het reguit vir my vrou gesê die kans is maar min dat ek dit sal maak. My vrou, Cecila, was vir die ses maande wat ek daar in die hospitaal was elke dag langs my bed. Sy het gebid, nooit hoop laat vaar nie en geglo dat ek sal opstaan.”
Enrico was vir die eerste drie maande in ‘n mediese koma. Dit was ook die tyd waarin die veloorplantings gedoen is en nuwe ooglede vir hom "gemaak" is.
“Hulle het weggebrand en ek kon nie my oë toemaak nie. Nou het ek nuwes en kan weer my oë toemaak.”
Hy het vir die volgende drie maande in Suid-Afrika gebly om te herstel en is vir die afgelope twee maande terug in Windhoek in die hospitaal.
“Ek is baie jammer dat Quinton dit nie gemaak het nie. Hy was baie sterker as ek en ek het dit regtig nie verwag nie. Ek het nie geweet dat hy oorlede is nie. Ek het gevra waar hy is en my familie het dit vir my weggesteek. Hulle het my eers gesê toe ek terug in Windhoek was.”
VELDBRAND
“Die hele brand en alles bly voor my afspeel, maar ek het vrede daarmee gemaak want daar is niks wat ek kan doen nie. Ek moet vorentoe gaan. Ons het die vuur sien kom en geweet dat ons niks met die klein spuit kon doen nie. Ons het besluit om weg te ry en ons het sowat drie meter gery toe val die hele voertuig binne-in ‘n groot gat. Die hele voertuig was binne die gat en ons het gesukkel om uit te klim. Die wind was baie sterk. Toe het ons twee keuses gehad. Ons kon voor die vlamme probeer weghardloop of deur hulle hardloop. Ons het gesamentlik besluit om deur te hardloop.”
Enrico, wat op die plaas grootgeword het, het gesê hy het nie van die gat geweet nie.
“Ek het Quinton se klein hond in my arms vasgehou en toe ons deur die vuur hardloop, het sy hare aan die brand geslaan en toe brand my gesig. Die hondjie is gelukkig heel oukei.”
VERANTWOORDELIK
Enrico sê iets wat hom van daardie en ander veldbrande pla, is dat mense die brande veroorsaak en daar geen nagevolge is nie.
“In dié geval was dit mense wat ‘n slypmasjien in die droë gras gebruik het. Ek wil niks hê nie, maar daar is boere wat diere, infrastruktuur en hulle weiding verloor het en daar is geen verantwoordelikheid nie. Dit geld ook vir die houtskoolbedryf wat ook al sonder nagevolge vir veldbrande verantwoordelik was. Die skade is gedoen, maar skuldiges moet verantwoordelik gehou word.”
DANKBAAR
“Ek was dié naweek in Rehoboth en die ontvangs was ongelooflik, maar ek moet ook byvoeg die ondersteuning wat ek en my familie gedurende dié tyd ontvang het - nie net van mense wat ons ken nie, maar vanuit die hele land, Suid-Afrika en selfs oorsee - was ongelooflik. Gebedsgroepe is gestig, mense het bymekaargekom en gedurig met boodskappe gebel. Hiervoor wil ek almal baie hartlik bedank. Julle gebede en oproepe het my sterk gemaak. Mense wat gesê het ek moet terugkom want hulle het my nodig, kan gerus wees. Ek sal nie verdwyn nie ek sal in Rehoboth betrokke bly en doen wat en kan. Daar lê nog ‘n stewige pad voor, maar ek is voorbereid en gereed. Ek is positief en reg om oor ‘n maand huis toe te gaan om daar verder gesond te word.”
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie