Tötemeyer ter ruste gelê
Precious Nghitaunapo op Swakopmund – Vriende, kollegas en studente het verlede Vrydag by die Duitse Anglikaanse Lutherse kerk op Swakopmund bymekaargekom om professor Gerhard Tötemeyer, wat ’n merkwaardige bydrae tot die politiek en verkiesingsontwikkeling in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) agterlaat, te groet.
Tydens die roudiens kon die publiek ook in die viering van Tötemeyer se lewe en nalatenskap deel. Hy is onlangs in die ouderdom van 88 dood. Hy was nie net bekend vir sy grensverskuiwende navorsing nie, maar ook vir sy onwrikbare toewyding tot mentorskap en intellektuele ondersoeke – ’n visioenêre leier wat die weggebaan het vir die groei en ontwikkeling van Namibië se verkiesingslandskap.
Sy leierskap en visioenêre benadering het hoë standaarde vir alle afgetrede en toekomstige hoofkiesbeamptes gestel. Hy was ’n sleutelfiguur in die verkiesings- en referendumkantore, en ook vir die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN).
Familie, kollegas en voormalige studente het hartroerende huldeblyke tydens die diens gelewer en hul lof uitgespreek vir Tötemeyer se briljantheid, vriendelikheid en oneindige nuuskierigheid.
Sommige het persoonlike stories gedeel van sy verreikende impak as beide ’n mentor en ’n vriend, asook sy vrygewigheid met sy tyd en wysheid.
Benitha Imbamba, die voorsitter van die Erongo-streekraad, het namens die stigterspresident van Namibië, dr. Sam Nujoma, Tötemeyer geëer “vir sy deelname aan die delegasie wat die leierskap van Swapo in Zambië tydens die bevrydingstryd besoek het en voortdurend ’n voorstander vir Namibië se vryheid en egte onafhanklikwording was.”
Die stigterpresident se toespraak het kortliks oor Tötemeyer se bydrae tot die land genoem dat ná Namibië se onafhankwording op 21 Maart 1990, Tötemeyer in die eerste afbakeningskommissie aangestel is, wat verantwoordelik was om die land in streke, kiesafdelings en plaaslike owerhede in te deel.
Vanaf 1992 tot 1998 was hy Namibië se direkteur van verkiesings en het toesig gehou oor die verkiesings van die eerste plaaslike owerhede, streekrade, die Nasionale Vergadering en die eerste president.
Hy het Namibië ook verteenwoordig op die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se raadgewende raad vir verkiesings.
In die verband het hy ’n beduidende bydrae gelewer om demokrasie te konsolideer, nie net in ons land nie, maar ook in die SADC-streek en verder.
In 2000 het hy ’n lid van die parlement geword en is hy as die adjunkminister van streeksake aangestel, waar hy ook in beheer van administratiewe en openbare aangeleenthede gebly het.
Die hoof van die ECN, Elsie Nghikembua, onthou haar talle ontmoetings met Tötemeyer.
“Onder sy leiding het ons land aansienlike vordering gemaak om geloofwaardige verkiesings te verseker. Laat ons troos vind in die herinneringe en die impak wat hy op ons lewens gehad het.
“Sy passie vir kennis was aansteeklik, en sy onwrikbare ondersteuning het talle individue geïnspireer om hul eie intellektuele passies na te streef,” het sy afgesluit.
Buiten sy akademiese presasies en bydrae tot die regering, word Tötemeyer deur baie onthou as ’n uiters nederige persoon.
Sy nalatenskap leef voort, nie net in die bladsye van akademiese joernale nie, maar ook in die harte en gedagtes van almal wie se lewens hy aangeraak het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie