Trio draf Engelse Kanaal kaf
Die groep Namibiërs wat verlede jaar besluit het om oor die Engelse Kanaal tussen Engeland en Frankryk te swem, het die uitdaging binne drie ure en 59 minute voltooi nadat hulle Dinsdagoggend tweeuur in die water gespring het.
Die fondse wat Roual Spannenberg, John Valentine en Christopher du Plessis tydens die uitdaging ingesamel het, sal geskenk word aan die Ladybugs Trust, wat kinders met spesiale behoeftes bystaan. Christopher beskryf dit as ’n klein gebaar wat ’n daadwerlike verskil in kinders se lewens kan maak.
Roual het in ’n inskrywig op sosiale media gesê hulle is dikwels gevra hoekom hulle juis die Engelse Kanaal wil oorsteek en nie net by die huis swem nie. Sy antwoord was dat nie een van hulle professionele swemmers is nie. “Om te swem is nie vir ons ’n natuurlike ding nie. Ons swem om weer heel te word, ons harte en dalk iemand anders s’n,” het hy geskryf en bygevoeg dat die inisiatief oor bewusmaking gaan.
Hoewel die trio sedert verlede jaar vir die uitdaging begin oefen en voorberei het, was hulle vir drie jaar op ’n waglys om wel oor die kanaal te kan swem. Hulle moes by die Channel Swimming Association registreer en moes vir die uitdaging kwalifiseer deur vir twee ure in water van 16 grade Celsius of minder te swem.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie