Troy word pappa
Die veerkragtige spoorsnyhond wie se regtervoorbeen in April vanjaar ná ’n skietvoorval geamputeer moes word, is nou die trotse pa van ses klein babahondjies.
Troy en Stella, albei Belgiese Malinois’, se drie reuntjie en drie tefies is Dinsdag gebore. Volgens Troy se eienaar, Chere van der Merwe, was daar reeds ’n waglys vir die hondjies kort nadat hulle uitgevind het Stella is dragtig.
Troy is tans in die proses om ’n prostese te bekom wat reeds betaal en bestel is. Hy het ook sy werk as opgeleide spoorsnyhond hervat, maar werk slegs op die Van der Merwe’s se eiendom.
“Troy was vir 'n ruk ná die aanval regtig baie kwaai gewees. Hy het nie net enigiemand naby hom toegelaat nie. Hy het verskriklik gewig verloor, maar alles weer opgetel. Troy lyk baie goed,” vertel Chere.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie