Trudi pak bul by die horings
Wynmaker in Swakopmund
Alles het met die beskeie olyf begin.
“Ek het myself tussen my olyfbome sien stap met ’n rooi bandana op my kop. Ek het toe van ’n veiling van plotte in die Swakopmundrivier gehoor en nou stap ek nie net tussen my olyfbome nie, maar ook tussen my wingerde,” het Trudi van Rooyen van die Lillipoet-plot buite Swakopmund gesê.
Sy het op die internet navorsing gedoen oor die geskikste olyfbome en dit toe bestel, geplant en tien jaar later lê sy olywe in en maak olie.
“Vanjaar het ek nie ’n goeie oes gehad nie want hier was ’n gogga wat die blomme gevreet het. Al die plotte wat olyfbome het, het dié jaar baie min geoes.”
WYN
Trudi het ’n paar jaar gelede navraag oor wingerde gedoen en sy is na Neuras verwys.
Hulle het haar na die bekende Suid-Afrikaanse wynmaker Abrie Bruwer verwys.
“Ek het kom gekontak en toe ek hom vertel waar ek die druiwe wil plant, het hy gesê dit is baie interessant en hy sal my kom help. Hy het die sand gelek, die klippe gelek en sy vingers natgelek en in die lug opgehou. Hy het gesê al wat my grond nodig het, is pikkewynmis en ek is gereed om te plant.”
Trudi het 2 000 wingerdstokke by hom gekoop en geplant. Daardie tyd het sy nog in Swakopmund gebly en slegs naweke plot toe gegaan om die olyfbome nat te lei, of om saam met vriende weg te breek.
“Abrie het my gevra waar ek bly en toe hy dít hoor, het hy gesê: ‘’n Wingerd mag nooit alleen slaap nie.’ Ek het toe ’n huis op die plot gebou om by my wingerd te wees.”
In 2015 het sy vriende en familie uitgenooi vir die eerste oes.
“Ons was so 30 mense. Ek het vir elkeen ’n snoeiskêr gegee en ons het die wingerd ingevaar en geoes. Die druiwe is toe na die kelder gevat en ek het my eerste wyn gemaak. Vanjaar het ek weer gebottel. Tussen-in het ek ’n paar misoeste gehad en die een jaar het die jakkalse die druiwe opgevreet toe hulle optimaal ryp was. Ek het die jakkalse in die nag gehoor, maar nie geweet hulle is besig om my druiwe te vreet nie. Nou het ek jakkalsdraad om my wingerd gespan.”
KUNSTENAAR
Trudi hou ook van verf en is in die algemeen kunstig.
“Ek het egter nie baie tyd daarvoor nie. Ek moet voltyds werk sodat ek die waterrekening vir my bome en wingerd kan bekostig. My twee susters is ook baie kunstig. Hulle het baie meer tyd en dus ook baie meer pret met hulle kwaste. Ek hoop om eendag ook op dieselfde plek te kom om my kwas meer te kan gebruik.”
Trudi loop elke dag tussen haar bome en wingerd deur en vat daaraan.
“Ek weet my olyfbome of druiwe gaan my nie eendag ryk maak nie, maar terwyl hulle hier is gee hulle my eindelose plesier.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie