Tsumeb ry fiets vir ’n beter toekoms
Bicycles for Humanity is ’n internasionale organisasie wat fietse aan mense in minderbevoorregte gemeenskappe verskaf.
’n Tak van dié organisasie is in 2010 op Tsumeb geopen.
Die tak bestaan uit ’n fietswinkel naby die De Wet-skag wat bestuur word deur Multisport Afrika (MSA), wat in 2001 deur Nigel Reynolds gestig is.
Bicycles for Humanity Namibia (B4HNam) se doel as ’n niewinsgewende organisasie is om mense van fietse te voorsien sodat hulle die geleentheid kry om werk toe te gaan, water en kos te vervoer en hul kinders na skole en hospitale te neem.
Die fietswinkel verskaf ook werk aan jongmense. Hulle word as fietswerktuigkundiges opgelei. Indien fietse breek, kan hulle onderdele goedkoop regmaak en by die fietswinkel vervang.
Die fietse word ook daar gediens en gewas. Die inkomste wat die winkel genereer, word direk aan salarisse en ander gemeenskapsprojekte bestee.
Nigel Reynolds se vrou, Taryn, vertel meer oor hierdie gemeenskapsprojekte waarby hulle betrokke is.
Hulle spog met meer as 2 000 fietse wat aan lede van die Tsumeb-gemeenskap geskenk is om hulle lewens te vergemaklik.
Verder is daar die Mercy Truck wat fietse na ander Bicycles for Humanity-poste in Namibië, Botswana en Suid-Afrika versprei; duisende fietse is al versprei.
Reynolds spog ook met die projek se ondersteuning van Ester se Crèche. Die projek het finansiële ondersteuning tydens die bou van die crèche verleen en bied tot vandag nog hulp deur te help met kostes en skenkings soos speelgoed vir die kinders.
Volgens Reynolds het hierdie projek ’n positiewe impak op die gemeenskap gehad. Talle mense baat by die dienste wat hier gebied word.
Tydens die Covid-19-pandemie het die Was Hande, Red Lewens-veldtog begin. Water is op fietse rondgery om seker te maak dat mense toegang tot lopende water het om hulle hande mee te was en ander gesond te hou.
Indien daar belangstelling is om die projek te ondersteun, sal die projek baat by enige fietsskenkings asook finansiële ondersteuning.
Vir meer inligting kan die webwerf b4hnamibia.org, besoek word om oor die geskiedenis en verwante projekte te lees.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie