Tussen twee wêrelde

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – In die afgeleë Kalahariwoestyn het ’n bekroonde Franse fotograaf ’n reis deur tyd en ruimte in die geselskap van die “inspirerende en geheimsinnige” San onderneem.

Dit sou Anne-Marie Etienne vyf jaar neem om die foto’s te skep wat deel vorm van die pragboek Between Two Worlds – The San of the Kalahari wat sy aanstaande maand in Namibië persoonlik kom bekendstel.

Anne-Marie, ’n opgeleide ingenieur en assosiaat-professor in wiskunde wat suidelike Afrika as haar “gunsteling-speelgrond” beskryf, het met die N/a’an ku sê-stigting saamgewerk vir die samestelling van die boek.

’n Deel van die opbrengste van die boek sal gebruik word tot voordeel van Namibië se San-gemeenskappe en deur die N/a’an ku sê Lifeline-kliniek. Die kliniek is in 2003 gestig en verskaf gratis gesondheidsorg en ondersteuning aan arm San-gemeenskappe in die Omahekestreek.

Die ondersteuning sluit behandeling in, met meer as 4 000 San wat jaarliks hier behandel word. Weeklikse uitreiksessies verseker ook dat medisyne by afgeleë gemeenskappe afgelewer word wat nie toegang tot die kliniek het nie. ’n Tweeweeklikse voedingsprogram voorsien ook gratis maaltye aan sowat 120 San-inwoners per sitting, terwyl wanvoeding op ’n daaglikse basis behandel word. Die toets vir en behandeling van tuberkulose (TB) vorm ’n belangrike deel van die kliniek se dienste.

Anne-Marie, wat afgetree is en haar liefde vir fotografie met haar man deel, vertel op haar webtuiste die ontdekking van die ongerepte landskappe van Namibië, die buitengewone wildlewe wat by uiterste toestande aangepas het, asook die land se spesiale mense, het vir altyd haar siening van die wêreld verander.

Sy vertel: “Ek het in die middel van die duine van NamibRand ’n soort ontwaking, ’n lig en intense emosie ervaar wat met elke reis hernu word.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!