No Image Caption

Valentynsdag is vir almal

Tanja Bause
Belmarie Pearson en Sonja Fourie het gister die bejaardes by die Eros Manor-aftreeoord met kolwynjies en gehekelde rose vir Valentynsdag verras.

“My ouma was op Keetmanshoop in die ouetehuis en ek het nie baie tyd saam met haar spandeer nie. Iets waaroor ek vandag nog spyt is. Dit is hoekom ons beluit het om die oumas en oupas te bederf,” het Fourie gese.

“Ons wou hulle waardig laat voel en wys dat hulle ook deel van die samelewing en die dag van liefde is,” het Pearson gesê.

Op die foto is hulle saam met tannie Joyce. Foto Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer