Van die wingerd tot by jou voorstoep
Passie vir wyn, mense
'n Maatskappy beoog om wyn en ander produkte al die pad van Suid-Afrika tot by jou voorstoep te bring.
Twee vriende met ’n passie vir wyn en mense het ná vyf jaar se gewik en weeg uiteindelik besluit om koppe bymekaar te sit en ’n maatskappy te stig wat keurwyne, boetiekdrank en siders direk vanuit Suid-Afrika na plaaslike deure sal bring.
Die Windhoekers, Martinique Louw en Herman Stroh, is die dryfkrag agter LiquorLogic met die missie om ’n unieke ervaring te bied vir alle fynproewers. Louw en Stroh beoog om teen einde van die jaar bedrywighede op die been te hê.
“Martinique wou al vyf jaar terug haar wynboukennis in ’n besigheid omskep het. Sy het haar idee met my gedeel en toe stel ek voor ons begin ’n vennootskap en kyk waarheen ons dit kan vat,” het Stroh aan Republikein gesê.
’N LIEFDE VIR WYN
Louw is die wynkenner in dié tweemanspan, ’n liefde wat sy by haar pa geërf het wat ’n wynmaker was.
Sy het ’n BAgric-graad en het in die verlede as logistieke bestuurder by CyberCellar in Kaapstad gewerk voordat sy na operasionele bestuurder bevorder is.
“Daar het my passie vir die besigheid ontstaan. Dis ’n bitter lekker bedryf om in te werk en wyn het ’n manier om mense bymekaar te bring.”
By LiqourLogic hanteer Louw die verskaffers en Stroh behartig die kliënte.
“Ek en Herman maak ook ’n baie goeie span – hy is die mense-mens en ek is die moeilike een. Ons vul mekaar mooi aan,” meen Louw.
Stroh is ’n veelsydige werker wat al in talle bedrywe sy merk gemaak het, insluitend gesondheid en fiksheid, bemarking, verkope en hy het selfs ervaring in die bestuur van sosialemediaplatforms.
“Ek het ’n passie vir mense. Mart [Louw] som ons vennootskap goed op. Ons elkeen bring ervaring van verskillende velde na die tafel en ons persoonlikhede oorvleuel perfek,” het hy gesê.
AFLEWERINGS LANDSWYD
Volgens Stroh beoog hulle om hul uitgesoekte produkte tot by hul kliente se voorstoepe te bring met aflewerings in Windhoek en koerierdienste na ander dorpe landswyd.
Die produkte sluit in eksklusiewe wyne van seldsame oesjare en beperkte uitgawes en uitgesoekte boetiekdrank wat rum, vodka, jenewer en siders insluit.
Louw en Stroh is binnekort op pad na Kaapstad om plase te besoek en hul produkte noukeurig uit te kies. Hulle beplan om handelsname soos onder meer Loxtonia Cider, Nanobatches, Arra Vineyards en Almenkerk Wine Estate by hul produkkeuses in te sluit.
Hulle beplan ’n bekendstellingspartytjie vir einde November.
WYNPROE, -KLUB EN KELDERS
LiquorLogic gaan nie net fokus op die verskaffing van uitgesoekte produkte nie, maar beoog om wynproe- en kosparingsgeleenthede aan wynliefhebbers te bied. In die toekoms wil hulle ook ’n wynklub-subskripsie op die been bring wat lede maandelikse van hul produkte voorsien.
Die maatskappy kan jou ook help om die perfekte stoorplek vir jou wyne te kry met die oprigting van ’n kelder.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie